Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"drome" poems
Trek my siel uit met swart onlogiese krapmerke op my pick n pay strokie. Breek my fingers af op n hout skryf blad en hou die honde naby vir die bene wat spat. Vermergel dan my vellies en gooi dit op n graf en se dis vir al die girlys -dis van papers wat smag. Edel en opreg is die regter se kaf. Heilig is die helde van die bars van die nag. Ons onthou die spoke van Oranje stad, Ons kleef aan hulle woorde soos n tros vol kak. Ons hou van die serries en die doef van Jak, En moenie met my stry nie ek sal jou in pak. Melodie jou wysie met ewige tone, mengel mooi jou woordtjies met jou oulike drome. Hou die fort van veiligheid en nasionalisme, Wees n patriot en vermoor Anglisisme. Beskerm jou mother language teen n kombuis taal. Daar is niks in hierdie wereld wat die taal mag vaal.
0
Jan 25, 2010
Jan 25, 2010 at 8:55 PM UTC
Die Digter -Afrikaans
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan en die nagprag te aanskou met digters-oog wat 'n ster van elke mens wil maak en elkeen wil bekoor, maar selfs al span ek al my mag in is daar een ster hoog verhewe... Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon , oe betowerer deur die vuur andag gestrek deur die ganse heelal - orals behalwe hier, waar ek soos 'n straatbrak honger kyk, aan die voete van 'n ster *** almal bietjie aandag eis *** almal van jou kry maar ek soos 'n een aand wonder uitteer aan jou droewe stilswy My slapelose nagte maak my van die drome vry want in realiteit, al kyk ek vir die sterre, kyk hulle soms verby.
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:44 AM UTC
Sterrekyker
Dit is die trane wat niemand sien nie Die seer wat niemand voel nie Dit is die koue gevoel in jou hart wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag Dit is die eensaamheid op naweke Die stilte wanneer jy skree Dit is die afwesigheid van n warm hand Die oorblyfsels van n gebroke sielsband Dit is die spasies tussen jou vingers Elkeen n herinnering van n tekortkoming Dit is die koue winters alleen Die somers spandeer onder skaduwee Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies Dit is al die gebroke beloftes Die "liefde met voorwaardes" Dit is die idee van *** alles moet wees Wat keer dat jy gelukkig is Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag Om jou te herinner van jou seer se mag Dit is die donker aande sonder sterre Jou dood stille foon op die moeilikste tye Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde Die "gaan nie eers probeer" nie's Omdat jy voel niemand sien jou raak En skielik is gelukkig wees, n verbode taak Maar dit is die leemte in my hart Die swaarte krag van al die vrae Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart" Wat die hartste praat Dit is die gewoonte om te voel jy misluk Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
0
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
legkaarstuk
En wanneer hou ons piekniek op die maan - daar waar die son nie meer skyn nie, kan ek jou donker toevlug wees as die dag se hitte steek? en sal jy 'n skadu gooi oor my en my lieflike hart ons kan saam met strome swem as die branders oor ons breek. Voor vrees jy weer oortrek en my noodloos in die noodlot agter laat in 'n eensame straat, van drome en ander herrennerings wat by my ***** van liefde en so ook my verlede wat jy veronderstel was om te tem. En in die gaap van stilte tyding waar die wysers ons vermy, sing ek my eensaam lied en vra vir jou... **** jy die golwe huil vir die koeelronde maan? Sien jy die spore op die strand? Waar vat die pad van verdwaaltenis my, anders as na Jonker se hand. Vanaand is ek verslae. Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre... sal jy my wolkombers wees , my glimlag pille vir kersfees, want ek is dalk te arm , maar ryklik met jou geseen. Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei want my hart is reeds verweer , keur my voor ek ook in die see uitbloei.
0
Jan 6, 2015
Jan 6, 2015 at 3:41 PM UTC
Red my
My kinderjare was Soetsappige drome En ek het weggesluimer Agter suiwer onskuld, Met ń krag van geloof Wat my oortuig het dat My God ook jou God is... Dat elke pad ń onnodige Veiligheidsgordel verg Dat elke beursie ń oneindigheid van R20 Note besit het en dat Elke graf leeg was na die derde dag Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde Uiltjies knip wat my Tot die meerderheids Besef van addolosensie gebring het. Selfs al het ek teen ń Eksponensiële spoed Ń volwasse begrip ontwikkel ,Was my redenasie oor die Hiernamaals nog vaag Met slaap in die oog Eers toe daar een langs my Val En tien aan my sy Het die drakoniese deun Van die doodswek my Uit my snoesige slaap geruk. Met elke groef wat nuwe Paaie teer vir my trane, Elke silwer randjie wat Lostrek van die donker wolke En op my hoof kom rus Soos die koue staal Van ń koningin se swaard Wat my inlyf in die Sidderende realiteit van grootword en lewe Nou is die droom verby Nou staan ek op En vrees om plat te val... Ek oes en saai Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai... Nou word paaie ń lang gebed Ter beskerming van my hart Wat ek so maklik uitdeel En beursies ń kommoditeit Wat skree van die honger Soos die mense van ń land Wat al sy geloof verloor het... Nou brand die sand my voete En die seesout droog my vel... Nou word wraak ń amp En liefde ń kombinasie Van gifte en giwwe , maar ek sal nooit weet Wanneer is dit wat nie... Nou word lewe ń gebed. Ek het ophou my Kinder rympies sê, Nou bid ek pynlik swaar En hoop dat God Nog genade vir my en vir jou Sal hê Amen
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
Proses van besef
My kinderjare was Soetsappige drome En ek het weggesluimer Agter suiwer onskuld, Met ń krag van geloof Wat my oortuig het dat My God ook jou God is... Dat elke pad ń onnodige Veiligheidsgordel verg Dat elke beursie ń oneindigheid van R20 Note besit het en dat Elke graf leeg was na die derde dag Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde Uiltjies knip wat my Tot die meerderheids Besef van addolosensie gebring het. Selfs al het ek teen ń Eksponensiële spoed Ń volwasse begrip ontwikkel ,Was my redenasie oor die Hiernamaals nog vaag Met slaap in die oog Eers toe daar een langs my Val En tien aan my sy Het die drakoniese deun Van die doodswek my Uit my snoesige slaap geruk. Met elke groef wat nuwe Paaie teer vir my trane, Elke silwer randjie wat Lostrek van die donker wolke En op my hoof kom rus Soos die koue staal Van ń koningin se swaard Wat my inlyf in die Sidderende realiteit van grootword en lewe Nou is die droom verby Nou staan ek op En vrees om plat te val... Ek oes en saai Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai... Nou word paaie ń lang gebed Ter beskerming van my hart Wat ek so maklik uitdeel En beursies ń kommoditeit Wat skree van die honger Soos die mense van ń land Wat al sy geloof verloor het... Nou brand die sand my voete En die seesout droog my vel... Nou word wraak ń amp En liefde ń kombinasie Van gifte en giwwe , maar ek sal nooit weet Wanneer is dit wat nie... Nou word lewe ń gebed. Ek het ophou my Kinder rympies sê, Nou bid ek pynlik swaar En hoop dat God Nog genade vir my en vir jou Sal hê Amen
Continue reading...
64
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling. Dit maak seer mamma... Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere. Dit maak seer mamma... Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee, Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening... Dit maak seer... Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie... Een skoot Twee skote Drie skote Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms... Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit... Dit maak seer... Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe... Eina... Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie... Dit maak seer mamma... Koebaai
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:48 PM UTC
Kuikens na 'n oorlog
Dig silwer linte dans na die maan in wolkpluime wat na die strerre toe maan ek is weer hartseer weer stukkend gebreek daarom nog 'n siggaret toestaan an my mense bestaan ek beaam my met die kwale van 'n ongebonde wereld wat pleit om liefde en genade wat soene soek in suikersoet wat drome droom so swart soos roet wat binne die lyne bly en so ook verlossing by hul neuse in lei want meisies is net slette as hulle saam die verkere perd saal of die slippie laat val na hul vir die aborsies betaal en seuns is net moffies as hul sukkel om 'n rugby bal te vang vergeet van die agsteman wat gretig na die flank se balle verlang vloek en laster bring God se toorn werk an jou eie vokken balk en los my doring dalk is jou masker meer heel as die van my... maar met elke krakie... is ek darem 'n krakie meer vry - as jy
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:19 PM UTC
Vryheid in die krake
die ompad is die beste                           the detour is the best     gedeelte van die reis                             part of the journey        as jy nie verlore raak nie                          if you don’t get lost kan jy nie die regte pad vind nie                      you won’t find the right path as jy ontmiddelik op                                     if unexpectedly you jou drome                                                        come upon aankom                                                                    your dreams sal  jy veras word                                                         you will be surprised drome is soos                                           dreams are like      'n fyn skuldery                                           a fine painting          elke streel                                                 each stroke               van die verf                                             of the paint elke kleur                                                  each colour        elke toon                                                  each tone               elke emosie                                              each emotion uitgedink                                                   thought out uitgebrei                                                    expanded en dan skielik is dit                                  and then suddenly it is wonderlik                                                  wonderful
0
May 3, 2012
May 3, 2012 at 12:43 PM UTC
die ompad – the detour
die ompad is die beste                           the detour is the best     gedeelte van die reis                             part of the journey        as jy nie verlore raak nie                          if you don’t get lost kan jy nie die regte pad vind nie                      you won’t find the right path as jy ontmiddelik op                                     if unexpectedly you jou drome                                                        come upon aankom                                                                    your dreams sal  jy veras word                                                         you will be surprised drome is soos                                           dreams are like      'n fyn skuldery                                           a fine painting          elke streel                                                 each stroke               van die verf                                             of the paint elke kleur                                                  each colour        elke toon                                                  each tone               elke emosie                                              each emotion uitgedink                                                   thought out uitgebrei                                                    expanded en dan skielik is dit                                  and then suddenly it is wonderlik                                                  wonderful
Continue reading...
19
ervaring het my beindruk                          experience has impressed me en die fyn lyne                                             and the fine lines                     is op my vel                                                  on my skin ingedruk                                                       pressed                  as ek die lyne streel                           if i caress the lines                          om hulle te laat                                 to make them verdwyn                                                      disappear                 word ek bekalm                                                       i become calmed                ontspanning loer in                                                  relaxation peers in                soos 'n kleintjie                                                          like a young child                                           wie 'peek n boo'                                                             who plays speel                                                                               'peek n boo' drome spoel                                                                  dreams spill                   soos die trek van                                                       like the pull of                                      die getye                                                                  the tides 'n hele oseaan                                                               a whole ocean                         van lewe                                                                         of life                                     in die verlede                                                              in the past en 'n hele oseaan                                                          and a whole ocean                              wat voor my le                                                                lies before me niemand kan voorspel                                                      no one can predict               wat sal gebeur nie                                                                what will happen                                              die lyne in my lewe word getrek                                          the lines in my life are drawn deur die kunstenaar                                                              by the artist deur die digter                                                                       by the poet deur die tuinier                                                                      by the gardener
0
Apr 20, 2012
Apr 20, 2012 at 8:28 AM UTC
getye - tides
ervaring het my beindruk                          experience has impressed me en die fyn lyne                                             and the fine lines                     is op my vel                                                  on my skin ingedruk                                                       pressed                  as ek die lyne streel                           if i caress the lines                          om hulle te laat                                 to make them verdwyn                                                      disappear                 word ek bekalm                                                       i become calmed                ontspanning loer in                                                  relaxation peers in                soos 'n kleintjie                                                          like a young child                                           wie 'peek n boo'                                                             who plays speel                                                                               'peek n boo' drome spoel                                                                  dreams spill                   soos die trek van                                                       like the pull of                                      die getye                                                                  the tides 'n hele oseaan                                                               a whole ocean                         van lewe                                                                         of life                                     in die verlede                                                              in the past en 'n hele oseaan                                                          and a whole ocean                              wat voor my le                                                                lies before me niemand kan voorspel                                                      no one can predict               wat sal gebeur nie                                                                what will happen                                              die lyne in my lewe word getrek                                          the lines in my life are drawn deur die kunstenaar                                                              by the artist deur die digter                                                                       by the poet deur die tuinier                                                                      by the gardener
Continue reading...
26
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval Verdoem deur drome van 'n wakker oog gee ek in tot die eindelose gekarring. Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld die trane en inspirasie , aangemeld - en saamgesmelt in elke belydenis? Ek spaar toe maar my knieë en sak neer voor die rekenaar en fynkam die intrieke sydrade van ons spinnerakke Vergrootglas die letters, opsoek na: 'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom... NEE MY! Toe speel my storie... Ag ek meen Sy outobiografie af en ek's aleen. Elke nou en dan en dan en wan vee ek oor die rekenaar skerm en skrik as ek sý gesig sien. Hy wou dit nie aanvaar nie! - ek wou regtig nie! Hy wou verander! -ek wou regtig graag verander... ek... - ek bedoel hy; Ons ma's was swertsend selfs godslasterik lief vir ons en haar stickynotes het ons oral vasgekeur , want Levitikus!!! Levitikus sê NEE... Ma sê die Bybel sê: "Ons is dood". Ma se sy wil ons nie verloor nie. Kom sy nie agter dat ons in haar geweierde woorde versmoor nie. My knieë is lank genoeg gespaar. Na 90 minute se snikke en trane val ek neer voor die Heer en almal wat nog wil luister. Ware ellende stort uit perelpoele en plas neer op die koue wereld. Uiteindelik bid ek vir hom, maar my gebede is te laat - met so dertig jaar of wat -. Ek hoop iemand bid vir my... ek hoop die gebede vind my - maar vir my , betyds-. Want ek sit met VIGS van die siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n lifelong companion om die eufemisme mooi te stel... Ek is Hy. Hy is ek. Ons is ons eie tipe mens. Amen
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Nie 'n kas nie, 'n kluis
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval Verdoem deur drome van 'n wakker oog gee ek in tot die eindelose gekarring. Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld die trane en inspirasie , aangemeld - en saamgesmelt in elke belydenis? Ek spaar toe maar my knieë en sak neer voor die rekenaar en fynkam die intrieke sydrade van ons spinnerakke Vergrootglas die letters, opsoek na: 'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom... NEE MY! Toe speel my storie... Ag ek meen Sy outobiografie af en ek's aleen. Elke nou en dan en dan en wan vee ek oor die rekenaar skerm en skrik as ek sý gesig sien. Hy wou dit nie aanvaar nie! - ek wou regtig nie! Hy wou verander! -ek wou regtig graag verander... ek... - ek bedoel hy; Ons ma's was swertsend selfs godslasterik lief vir ons en haar stickynotes het ons oral vasgekeur , want Levitikus!!! Levitikus sê NEE... Ma sê die Bybel sê: "Ons is dood". Ma se sy wil ons nie verloor nie. Kom sy nie agter dat ons in haar geweierde woorde versmoor nie. My knieë is lank genoeg gespaar. Na 90 minute se snikke en trane val ek neer voor die Heer en almal wat nog wil luister. Ware ellende stort uit perelpoele en plas neer op die koue wereld. Uiteindelik bid ek vir hom, maar my gebede is te laat - met so dertig jaar of wat -. Ek hoop iemand bid vir my... ek hoop die gebede vind my - maar vir my , betyds-. Want ek sit met VIGS van die siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n lifelong companion om die eufemisme mooi te stel... Ek is Hy. Hy is ek. Ons is ons eie tipe mens. Amen
Continue reading...
52
Jy ry op die hanekraai en kom le in my oor. Jou tree 'n bekende geluid. Jou teer drafstap deur my drome maak my seerste monsters stil. En sus my in 'n doodsluiterse rus. Jou oe laat my handsaamslaan op die lumier van meer as een. Jou aansig maak van my gelowig. Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek en ek sit vasgekeer in jou rooi getui en ek mik dieper , ek mik dood! My liefste jou aanraak stuur gode deur my dooie are en ruk my terug vanaf die donker sluiers. Jy is die maan, die sterre- nee die nag! wat om my toevou en my wieg wanneer my arms na niks gryp. Jy is die openbaring waarna lewelose streef en die anker waarna vryes verlang. Bring my terug, na die gelykstreep, voor die tyd ons invang. Ek wil jou prys met woorde wat God se toorn op my sal bring maar dit hang aan my lippe soos ek wag vir more se son om jou te besing. Dit is my vroegoggend gedagtes, van my lieflike laatslaper, wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie , want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
0
Dec 25, 2014
Dec 25, 2014 at 7:21 PM UTC
Dinkgaper
Blompen ; dompen My pen lè los in my hand , Bibberend soos 'n straatkind in die kou; Net so blinkoog - net so hol, Vol drome wat in die agterkop brou Maar die ink loop hortend oor die blou Treinspore, mompelend soos 'n man Wat die vreemde dialek van opgee praat En sy laaste vloek op die hemel inspan *** sku sluip die musa in die skemerson Waar net echoes van haar in die droewige letters lê En die gebeendere van hol woorde waai met die wind Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê? My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret , want die ander het vere en woorde wat vlieg... *** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het? My môre lyk puntloos en onvoltooid. My gemoed knak en splinter oor die papier. Die ink loop meer kunstig onder fisika As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:41 AM UTC
Blompen ; dompen
*** praat jy met 'n nagmerrie stem waar jou uitroeptekens soos 'n slu foks-stem in 'n koue marmer gaap besterf? *** druk ek my ore toe as my hande agter my rug gebind is met drade van sielsdiep verse? 7 biljoen stemme , maar joune rys uit: 'n metaal orkes in 'n wereld van vyandlike vriende en godslasterlike psalm-gesange. *** droom ek stukke van jou op in al die gifte van 'n barmhartige maan wat my geliefde aan die bitterbessie bosse hang? Ek probeer verwoed om my monsters soos silwer gekwaste honde te verdrink , maar selfs in die beursie-tapper lawaai water is hul swem tegniek onverbeterlik. Vergewe my stilswye en klapperwoorde , maar ek sukkel om my drome te deel met klaasvakie kerels wat hulle voetspore ongeskonde laat en liederlike drome aandra. Ek bevraagteken soms die vraagtekens en die puntlose stellings wat tenstrydig die onbeperkte moontlikhede kortknip... Soms wonder ek... soms droom ek... soms hoop ek... -maar ek skrik altyd wakker , altyd.
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:35 PM UTC
Puntlose vraagtekens
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak. Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte. Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere. Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het! n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel. Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:42 AM UTC
Drome...
Op hierdie aarde, groen en blou Met torings wat die lug uit grou In elke huis waar mens dalk bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In wye winkels en krom kerke In nommers en vergete merke Waar ryk sweef en arm lei Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In stede, woude, see en woestyn In alles, geen, grof en fyn In luuks, skaars, bont en plein Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In winter, lente, somer, herfs Met albei vuur en skadu bederf Waar ook al maan en son mag skyn Sal ek nooit weer iemand kry soos jy Waar sterre sing en sonne lag Omring met komberse van die nag Waar ou gode en planete gly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In ou legendes en sprokies verhale In dooie sang en in lewende tale In woorde wat die hart oop sny Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In gister se groot verlate vlug In môre se onmeetbare sug In die nou wat ons so graag vermy Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In slaap te dig en drome swart In die wandel en wonder van die hart In seer, troos, kwaad en bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
0
Aug 4, 2019
Aug 4, 2019 at 5:17 PM UTC
Iemand soos jy
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison. Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het… Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid. Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien. Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae. Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms… Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:40 AM UTC
Die velde...
Ek raak van tyd tot tyd verlore in die vlaktes van my verbeelding op 'n eindelose reiktog na die goue uitloopsels van more , ander kere skuil ek in die klowe en trek my toe in n berg kombers... daar kan ek skree - en huil -en lag. Daar kan ek die eie self in n lastergil uitlok en wag vir die koue kras kranse om dit terug te werp in my ope arms. My verbeeldingshuis le in die kranse... my drome rol in oor die see se soutwater golwe... en ek, ek le iewers in die middel van perfekte harmonie en absolute chaos. Ek . droom . eindeloos...
0
Nov 7, 2014
Nov 7, 2014 at 4:42 PM UTC
Legio dromer
When he took me away I was scared 13 years old with a growing mind and future ahead to jump into Little by little he took that away He painted my walls grey He muffled my cries for help He tied me in chains He drained the beauty out of each day I didn’t deserve to have it 15 years old with a permanent affliction of entrapment The bleak environment I bred in devoured me He stole the escapes in my dreams He kissed his palm before slapping my cheek He called me beautiful as I lay on the bathroom floor He patched up the cuts from his sharp grasp I began to think I didn’t deserve to have him 17 years old things have shifted in our four walls He holds me when life drowns the person I have become He walks with me into wars with others who don’t understand He calms my irrational fears through a glance He has made me love him for the years we spent together When he took me away I was scared But things have changed And now I’ve fallen for him. Stock·holm Syn·drome noun def./ feelings of trust or affection felt in certain cases of kidnapping or hostage-taking by a victim toward a captor.
0
Jun 19, 2015
Jun 19, 2015 at 3:51 AM UTC
Stockholm Syndrome
met nat oë en stem rasper-hees sal sy my eers met kaneel en gemmer genees met swaar lyf en kop wat klop salf sy my eers met heuningwoorde gesond en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei met die seer wat nog so rou in haar talm bid sy eers die onrus in my kalm en ek weet saans ween en woed onverbiddelike storms in haar gemoed en dan soggens uitgespoel en broos is sy nooit te swak om haar kroos eersmaal te troos vir speelgrond wond of hart wat breek terwyl daar dubbeltjies soveel dieper in haar insteek die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het vir elke afvlerkkind die lyntjies waar sy op die mooiste wyse haarself met ander verbind waar sy soveel ander se seer verberg ten spyte van alles wat dit van haar verg hier sit ek stil en verwonder my aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
0
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
mamma
In die hart van Afrika se suidegrond, Styg ’n taal, sterk en bond. Diep in son en sand, Stemme dra oor hierdie land. Afrikaans, die taal van hart en kin, Gevleg met stories van waar ons was en bin. Van boereveld tot stad se straat, Sy ritme sterk, sy klank hard. Woorde wat van berge hoog weerklink, Stories oud, na die hemel gesink. Met elke “sê,” ’n belofte gegee, Van erfenis wat nooit sal verdwyn. Ons taal sing van lag, van trane en vrees, Van stryde gewen en drome geheg. Al verander die tyd, al rol die gety, Afrikaans bly staan, sterk en vry. So hef jou stem, laat dit luid wees, ’n Lied van trots, ’n taal om te lees. Want in elke frase, elke woord en rym, Dra ons ons Afrikaans, deur elke tyd.
0
Nov 5, 2024
Nov 5, 2024 at 1:54 PM UTC
Afrikaanse Trots
Vind jou vrede Verder as die skerm Woede 'n Skelm van tyd en rus Voor jy kyk het jy die lewe gemis Vind jou vrede in die bed Jou kooi se drome In winter en somer some Dit is waar jy tyd vashou in jou hand Vind jou vrede in wat is 'n Lewe in 'n dop bewus Een wat kyk en ervaar Een wat jy moet bewaar Vind jou vrede in die hede Soos toekoms uit die verlede Uit pyn en leed Kom daar verlossing steeds
0
Aug 30, 2020
Aug 30, 2020 at 11:32 AM UTC
Vind jou vrede
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy
ek glo nie, maar vanaand bid ek, nie vir wat of wie, maar vir wat ooit was, vir my onskuldige jeug, toe ek plesier kon haal uit pakkies swiets, toe ek nie geweet het van oud word nie, ek glo nie, maar vanaand is ek op my knieë, want iewers het ek my onskuld verloor, my plesier word nie meer geput uit sondag oggend cartoons, of met vriende speel na school, met vrees in my hart sluit ek my oë, en verdwaal in hierdie jongere drome, vanaand is daar geen hallelujahs, en geen amens
0
Jun 18, 2020
Jun 18, 2020 at 7:02 PM UTC
ek glo nie
What if wisdom, the thing, the being imaged in the word Sophia, philo sophia, in a meme re maining, to this very day, as true a depictical actual form, as lovable as any, though the thousand ******* of Artemis, that image... Ask how many Dr. Spock Pablum fed boys, would that image have cured from mammary ******* sensory deprivation syn drome, trap for lost boys, never wishing fully formed in Michael Jackson, eh? The Peter principle, rise to the level of one's incompetence and **** **** and consume enough food for all Artemisis famishished little lies, calling more, more, more Narrow AI, lust response, so artfully inspired by Eddy Bernays, and the silver screen's seductive radio voices, Eddy, you know, the Madison Avenue behabiourilist, Freud's nephew... he cited Watson, the one before the one with Crick. Jimenee, we have been Disnified... if I'd known sooner, I'd have left your cake out in the rain... so it melts, like the wicked witch of the west, or east, I lost my bearings who is asking what of whom, am I involved in evolving your synaptic gaps? We did entangle, in a sense. You are dear reader, in the book of life with my name in it. Not on, in.
0
Feb 28, 2020
Feb 28, 2020 at 1:34 PM UTC
Gone on, not with, in not of...