Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Dec 2016
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison.
Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het…
Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid.
Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien.
Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae.
Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms…
Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae
Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
Siska Gregory
Written by
Siska Gregory  30/F/Johannesburg
(30/F/Johannesburg)   
649
 
Please log in to view and add comments on poems