Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
seethroughme Dec 2022
party van ons
sit buite tyd
sweef bo die pad
wat net een kant toe kyk

party van ons
sien sirkel pleks van lyn
leef die ewige siklus
sonder om te kwyn
seethroughme Sep 2022
glimmende
harde wit lig
rol polsend
waar die grond
voor die lug swig
seethroughme Aug 2022
fyntjies fyntjies
dans op ‘n lem
hou die pyn
uit jou stem

liggies liggies
oor donker water
dobber vlak bo-op
sink saggies later

en dan

duik diep
deur die duister fluweel
van die sagte nagsee
gaan terug  na wat jy is
swem deur die seer

anderkant die doop
sal alles dieselfde wees
behalwe jy

blaas jou eie vlam  
smee  jouself vry
seethroughme May 2022
nóú is alles

dit verdwyn
of jy laat los of klou

glip deur
jou geheue as jy gryp
na die moes en sou

dis die vegeetbare rituele
die nietighede
wat ons op
ons voete hou

vou jou wasgoed
voer jou kinders
koester jou kleinood
onthou
om te onthou
seethroughme May 2022
ek is
‘n honger wese
my lyf verslind alles
wat kan verteer
my brein smag altyd
na meer en meer

niks is sover genoeg nie

my keel bly oop
ek drink diep en weer
aan die kelk  
van die lewe
‘n dors geles
is ‘n oop deur

na ‘n nuwe smagting

ek bly
‘n honger wese
my ewige lus
is die soetste geur
die beste sous
vir alles
wat ek so swaar leer
dis die poort
na dit wat ek begeer
seethroughme Apr 2022
trek jou kos uit
die modder
druk jou wortels
donkerdiep
suig jou lewe
uit die lig
reik jou takke
tot die bloue niet

drink alles om jou in
en draai dit tot groei
rig jou gesig na die son
tot jy bot en bloei

dis hier waar jy staan
tot hier het jy gekom
hier is ‘n kans
‘n plek om te blom
seethroughme Mar 2022
alles
wat ek nog ooit
wou gehad het
het klaar deur my
vingers gevloei

alles
waarvoor ek nog ooit
gevra het
is gekry
en voor gebloei

alles
wat ek nog ooit
gegee is
se waarde het aanhou
groei

al wat ek kan sê is
dankie
soos die lewe
deur my gloei
seethroughme Jan 2022
jy is volbring
‘n groeiende
lewende
polsende
ding
swem uit
duik in
spartel los
en spring
gil of sing
dit wat jy kry
is dit wat jy bring
seethroughme Dec 2021
hier sit ons
drietjies
op die stoep
die dag sal kom
wat ons moet groet
maar vir nou
bak ons saam
in die warm gloed
van ‘n somermiddag

die koel wind is soet
ons lywe klop vol bloed
my harte, skep moed
waar ons saam sit
bly die lewe goed
seethroughme Jul 2021
verweef
deur die dreuning
van reuse masjiene
‘n flikkerende stroom

hierdie oes
is die wieg
van volgende jaar
se droom
#
woven
through the rumble
of giant machines
a flickering stream

this harvest
is the cradle
of next year’s
dream
een gedig, twee tale
one poem, two languages
Next page