Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
May 2014
*** praat jy met 'n nagmerrie stem
waar jou uitroeptekens soos 'n slu foks-stem
in 'n koue marmer gaap besterf?

*** druk ek my ore toe
as my hande agter my rug gebind is
met drade van sielsdiep verse?

7 biljoen stemme , maar joune rys uit:
'n metaal orkes in 'n wereld van vyandlike vriende
en godslasterlike psalm-gesange.

*** droom ek stukke van jou op
in al die gifte van 'n barmhartige maan
wat my geliefde aan die bitterbessie bosse hang?

Ek probeer verwoed om my monsters
soos silwer gekwaste honde te verdrink
, maar selfs in die beursie-tapper lawaai water
is hul swem tegniek onverbeterlik.

Vergewe my stilswye en klapperwoorde
, maar ek sukkel om my drome te deel
met klaasvakie kerels wat hulle
voetspore ongeskonde laat
en liederlike drome aandra.

Ek bevraagteken soms die vraagtekens
en die puntlose stellings wat
tenstrydig die onbeperkte moontlikhede kortknip...

Soms wonder ek...
soms droom ek...
soms hoop ek...
-maar ek skrik altyd wakker
, altyd.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
1.2k
 
Please log in to view and add comments on poems