Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
May 2014
Dit is die trane wat niemand sien nie
Die seer wat niemand voel nie
Dit is die koue gevoel in jou hart
wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag
Dit is die eensaamheid op naweke
Die stilte wanneer jy skree
Dit is die afwesigheid van n warm hand
Die oorblyfsels van n gebroke sielsband
Dit is die spasies tussen jou vingers
Elkeen n herinnering van n tekortkoming
Dit is die koue winters alleen
Die somers spandeer onder skaduwee
Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies
Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies
Dit is al die gebroke beloftes
Die "liefde met voorwaardes"
Dit is die idee van *** alles moet wees
Wat keer dat jy gelukkig is
Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag
Om jou te herinner van jou seer se mag
Dit is die donker aande sonder sterre
Jou dood stille foon op die moeilikste tye
Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde
Die "gaan nie eers probeer" nie's
Omdat jy voel niemand sien jou raak
En skielik is gelukkig wees, n verbode taak
Maar dit is die leemte in my hart
Die swaarte krag van al die vrae
Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart"
Wat die hartste praat
Dit is die gewoonte om te voel jy misluk
Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
Language: Afrikaans
Nikki Wolmarans
Written by
Nikki Wolmarans
2.8k
 
Please log in to view and add comments on poems