Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Johan Nel Aug 2020
Vind jou vrede
Verder as die skerm Woede
'n Skelm van tyd en rus
Voor jy kyk het jy die lewe gemis

Vind jou vrede in die bed
Jou kooi se drome
In winter en somer some
Dit is waar jy tyd vashou in jou hand

Vind jou vrede in wat is
'n Lewe in 'n dop bewus
Een wat kyk en ervaar
Een wat jy moet bewaar

Vind jou vrede in die hede
Soos toekoms uit die verlede
Uit pyn en leed
Kom daar verlossing steeds
© Johan Nel 2020.08.30 17:32
Johan Nel Jan 2020
Langwater slaap
langwater duister
ons het verslaap
tot moeder kom fluister

Vind ek myself
tot ek weer soek
die liefde gelees
in die lewe se boek

Seesand getrou
seesand ontbreek
die baai van my jeug
waar dorings nog steek

Ek is nog kind
die eerste geboorte
en so verbonde
is ek nie verstote

En so ver soos dit voel
kan ek nog luister
langwater slaap
langwater duister
© Johan Nel 2020.01.16 14:26
Johan Nel Sep 2019
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?

Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom

Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees

Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
© Johan Nel 2019.09.18 23:38

— The End —