Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Aug 2019
Op hierdie aarde, groen en blou
Met torings wat die lug uit grou
In elke huis waar mens dalk bly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In wye winkels en krom kerke
In nommers en vergete merke
Waar ryk sweef en arm lei
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In stede, woude, see en woestyn
In alles, geen, grof en fyn
In luuks, skaars, bont en plein
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In winter, lente, somer, herfs
Met albei vuur en skadu bederf
Waar ook al maan en son mag skyn
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
Waar sterre sing en sonne lag
Omring met komberse van die nag
Waar ou gode en planete gly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In ou legendes en sprokies verhale
In dooie sang en in lewende tale
In woorde wat die hart oop sny
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In gister se groot verlate vlug
In mΓ΄re se onmeetbare sug
In die nou wat ons so graag vermy
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In slaap te dig en drome swart
In die wandel en wonder van die hart
In seer, troos, kwaad en bly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
Rowan Deysel
Written by
Rowan Deysel  South Africa
(South Africa)   
Please log in to view and add comments on poems