Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"liefste" poems
Jy ry op die hanekraai en kom le in my oor. Jou tree 'n bekende geluid. Jou teer drafstap deur my drome maak my seerste monsters stil. En sus my in 'n doodsluiterse rus. Jou oe laat my handsaamslaan op die lumier van meer as een. Jou aansig maak van my gelowig. Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek en ek sit vasgekeer in jou rooi getui en ek mik dieper , ek mik dood! My liefste jou aanraak stuur gode deur my dooie are en ruk my terug vanaf die donker sluiers. Jy is die maan, die sterre- nee die nag! wat om my toevou en my wieg wanneer my arms na niks gryp. Jy is die openbaring waarna lewelose streef en die anker waarna vryes verlang. Bring my terug, na die gelykstreep, voor die tyd ons invang. Ek wil jou prys met woorde wat God se toorn op my sal bring maar dit hang aan my lippe soos ek wag vir more se son om jou te besing. Dit is my vroegoggend gedagtes, van my lieflike laatslaper, wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie , want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
0
Dec 25, 2014
Dec 25, 2014 at 7:21 PM UTC
Dinkgaper
Knipoog, wink-oog Loop verby Hart kyk weg Om die invloed te vermy Raak an my hand Vat mis, raak my siel Raak ek verlief? Wat het my besiel? Knipoog , winkoog Is dit vir my? Nee , dis vir haar... Jy kyk my verby!! Lok uit suspisie Gee my die hoop; Hoeveel ander het Hul siel aan jou verkoop? Bruin oog, blink oog Blink jy vir my? Lees weer jou rympies Om my hart te kry!! Maak gou liefste Lewe flits verby, Lees jy jou rympies: Vir haar... Of vir my!?
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:46 PM UTC
Knipoog keuses
My liefste mens My beminde Jy. Jy is n meesterstuk. Jy is digkuns, jy is melodie Jy is ink en papier en woorde Jy is n kaleidoskoop in anatomie. Jou mond is my kompas As my kop verdwaal Gerroes en deur die wind verweer Kan jou sagte woorde my veilig laat huistoe terugkeer. Jou hare, watervalle oor die skatkamers Waar ek my geheime neerle Van fluisters in die donker Tot hardop liefde opse. Dat ek myself aan jou mag gee My swaar, my lig, my heimwee My gister, my more, my vandag. My geslote deure, my trane, my glimlag. Jou hande is sleutels wat my kamers oopsluit En oor my gly soos water oor rante Om hoeke om draaie My sirkels, my vierkante My donker steugies en oop plaaspaaie. Jou oe is die verlede, die toekoms en nou En as jy lag sien ek padkaarte in hulle oopvou Wat lei na orals en nerens Na die sterre En na onthou. Jou bors is my vesting. My kaggel, my lig, my beskerming Waar ek veilig my hart kan hou Om saam met jou dans Op die ritme van vetrou. My liefste mens, my beminde Jy is sterre oe en oop-oog droom Jou glimlag breek, vee weg en maak skoon. Jy maak die storm in my rustig. Jy is die vrede na die reen... Jy is my virewig
0
Jul 4, 2021
Jul 4, 2021 at 2:54 PM UTC
Jy
I love and hate to see her when she cries: It breaks my heart like a pane of stained glass. But having washed the windows of her eyes, I better see her soul's amazing grace.   And seeing _me_ through wet-washed window panes, She better sees my faithful love for _her._ So all her tears (that fall like summer rains) Reveal us heart and soul and make us sure. Thanks be to God for tender-hearted tears That speak a deeper truth than truthful words. Though truthful words are health to hearing ears, Tears speak the truth that yokes us, two lovebirds. Thanks be to God for truth that's so conveyed.   She's fearfully and wonderfully made.
0
Mar 25, 2024
Mar 25, 2024 at 3:26 PM UTC
Mijn Liefste
Skielike hartsbegeerte verskyn oorstelp Verlang na bo om op berg vas soos boom Wil staan gaan saam met dit wat is! Sonder afwagting sonder skroom In die lewegewende liefste Stroom Sommer so sonderling se droom In stralende lagge ligse verwondering Salig met sagte wit wind wat wolk Sonder sodanige mondige verklaring Wil skugter skuif saam as woordlose tolk Gewortel in aarde geplant vir liefde se bewaring
0
Aug 13, 2020
Aug 13, 2020 at 7:17 AM UTC
Gewortel