Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Thomas Davies Aug 2018
Ek skrik die 10de Augustus wakker.
Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg.
Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker.
Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg.

Vaagweg **** ek, "I look to you"
"And when melodies are gone"
"I hear you in a song"

Ouma was ons eie Whitney Houston
Haar sterk gees was ons rots.
Al het ons met tye lekker koppe gebots.
Sy was my vestiging, ons familie se trots.

Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou.
Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou.
Ouma se omgee het my soveel keer gered.
Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed.

Mag die voëltjies altyd bly sing
Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring
Ouma was altyd bereid om te help
Vol genade het ouma, harde harte versmelt

Mag oupa altyd verlief bly
Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry
'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal
So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal

Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is
Al sit ek heel wat die potte mis
Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer
Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer.

Dankie vir elke koppie soet tee
Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee
Dankie dat julle vir my alles kon gee
Dat hulle harte net liefde kon skree

Dankie dat ouma my veilig kon hou
Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou.
Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou.


Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
Written by myself and Kayla Hofmeyr
C Jul 2019
dis amper vyf jaar later.

jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak -
op nostalgiese Sondae aande
wanneer die wêreld stilraak,
kort voor die week weer sy stophorlosie
aanpas.

die herinneringe tog só aanskoulik,
maar stééds kan ek myself nie bring om
jou stem te herroep nie!

voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag
óf
my gesig sag teen jou bors kan vasdruk,
verdwyn jy,
en Skuld neem jou plek in tussen die lakens,
klink die koppie teen myne
gee ‘n grynslag
en sluk my heel in.

— The End —