Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
C Jul 2019
dis amper vyf jaar later.

jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak -
op nostalgiese Sondae aande
wanneer die wêreld stilraak,
kort voor die week weer sy stophorlosie
aanpas.

die herinneringe tog só aanskoulik,
maar stééds kan ek myself nie bring om
jou stem te herroep nie!

voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag
óf
my gesig sag teen jou bors kan vasdruk,
verdwyn jy,
en Skuld neem jou plek in tussen die lakens,
klink die koppie teen myne
gee ‘n grynslag
en sluk my heel in.

— The End —