Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"sny" poems
Is moeilik om te begryp, en nie rerig mooi nie. Dis 'n spoegspat soos 'n herrie- 'n gemmors wat langs die kar staan en bedel. Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine. Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig. Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar 'n metafoor. Vir wat? Se jy my! Jy wat my analiseer en dissekteer... want daar is geen meer sterre wat pyn nie, die woorde wat rym ennie ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry in my agterkop waar dit donker is soos 'n land waar hoop 'n feeverhaal is. Dis te donker om nou te rym, maar te donker om in te hou... so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit en bloei nonsens-ink op die blaai. Aan die einde is dit nie net die gedig nie. Dis die ganse wereld wat rym. Elke herrie en spoegspatter elke gerookte ster en hartseer kokkedoor ek , jy - ons almal is 'n gedig. Ons almal rym... ons is net te moeilik om te verstaan en nie altyd mooi nie.
0
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Gebroke rym
Vítr si za tmy hraje s listy stromů, kde ve zlato se tma otáčí a peklo se mazlí s lidma domů, kde samota líbá na oči. S bodáky jehličí měsíc splývá a podlaha pálí jako led, do průrev střechy souhvězdí zpívá. Taky můžeš jít spát naposled. Kocour na uhel černý nocí ** a mrtvé maso by rád k ránu sněd a nachové plachty z odplutých moří se pnou vstříc pevnině smrti na dohled. Vítr za tmy si hraje s vlasy stromů a displeje ve tmě zazáří, nebe se stáhlo do stínu lomů. Chceš škrábat sny na bílém polštáři?
0
Jul 13, 2017
Jul 13, 2017 at 8:29 AM UTC
Vítr si za tmy hraje s listy stromů
Šest tisíc mil asfaltu a prachu. Kolik tisíc chlapů vydalo se na tu cestu? Už dobře poznáš tu hranici strachu, když blížíš se k proklatýmu městu. Tam lidi neznaj slitování a ženský neznaj lásku, a ty proto nad svítáním nosíš ocel na opasku. A tak jedeš dál, možná najdeš svoje sny. Seš silnice král, ale štvou tě pouštní psi. Snad až si jednou spočineš na lůžku z kapradin a mechů, doufám, že pak nalezneš klid hvězd, co ti poskytujou střechu.
0
Jan 8, 2015
Jan 8, 2015 at 7:53 AM UTC
Fat Boy Drifter's blues
Op hierdie aarde, groen en blou Met torings wat die lug uit grou In elke huis waar mens dalk bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In wye winkels en krom kerke In nommers en vergete merke Waar ryk sweef en arm lei Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In stede, woude, see en woestyn In alles, geen, grof en fyn In luuks, skaars, bont en plein Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In winter, lente, somer, herfs Met albei vuur en skadu bederf Waar ook al maan en son mag skyn Sal ek nooit weer iemand kry soos jy Waar sterre sing en sonne lag Omring met komberse van die nag Waar ou gode en planete gly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In ou legendes en sprokies verhale In dooie sang en in lewende tale In woorde wat die hart oop sny Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In gister se groot verlate vlug In môre se onmeetbare sug In die nou wat ons so graag vermy Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In slaap te dig en drome swart In die wandel en wonder van die hart In seer, troos, kwaad en bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
0
Aug 4, 2019
Aug 4, 2019 at 5:17 PM UTC
Iemand soos jy
Rook hom uit met Silwer linte teer En nikotien Smoor hom in ń bredie van alkahol en kaffiën Sny hom uit Met skêr of lem Verdoof met dwelms Die bose gees se stem... Hy krap swaar laserasies Wat tierstrepe verf Oor die sagte weefsel Van my hoof organe En spring tussen Sinapse totdat Impuls ń inhirente Sindroom word... Skree. Hy skree. Hy SKREE. Krap en skree en brand, Hy brand .... HY BRAND So Rook hom uit met Marlboro red En black mix Smoor hom in ń vat van Russian bear en red bull Sny hom uit Met ń dokter se lem Snuif hom uit in lyntjies Dis te veel, sy donnerse stem ...
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:42 PM UTC
Onder draai die duiwel
Bo op 'n berg Met my bobbejaan gedagtes wat terg Die eggo van my mania skree terug Wat soek jy hier? Ek drink uit die rivier Ek sink my oë in die rooi son Ek **** alweer Die donker wolke Die reën wat kom Ek laat my gedagtes so dans Plek tot plek Gras van Kees En mens en vlees Sny deur my Woede en naaktheid Die lag van 'n sekere malheid En die sagtheid van jou moeder ken En dan meer bring ek twee Van my na die tafel in 'n oop gesprek Met my leemtes en my onbeheerbare Soeke na wat ek herken binne my donker gate Ek dwaal verlate In riviere van die samelewing Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn In die strate van spoed en bloed Die woorde uit die bek van die dier Die ongetemde kwaad van primate Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles Tot hy verval en wegkwyn Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre Waarheid en verlossing Waar vind ek die antwoord vir alles?
0
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Bobbejaan Gedagtes