Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
seethroughme Dec 2022
party van ons
sit buite tyd
sweef bo die pad
wat net een kant toe kyk

party van ons
sien sirkel pleks van lyn
leef die ewige siklus
sonder om te kwyn
seethroughme Sep 2022
glimmende
harde wit lig
rol polsend
waar die grond
voor die lug swig
seethroughme Aug 2022
fyntjies fyntjies
dans op ‘n lem
hou die pyn
uit jou stem

liggies liggies
oor donker water
dobber vlak bo-op
sink saggies later

en dan

duik diep
deur die duister fluweel
van die sagte nagsee
gaan terug  na wat jy is
swem deur die seer

anderkant die doop
sal alles dieselfde wees
behalwe jy

blaas jou eie vlam  
smee  jouself vry
seethroughme Jun 2022
as the world empties
of your icons and dreams
old, now, and dying
the actors you know on screen
the musicians and poets
that stitch up the scenes
of your life
flowing
ahead of you
in the stream
spirits blown forward
in the wind
seethroughme May 2022
i’ve known you longer than i haven’t

the weight
of time
is lighter
as we carry it
together

our bond
is not
a chain
it’s a light
strong tether
seethroughme May 2022
nóú is alles

dit verdwyn
of jy laat los of klou

glip deur
jou geheue as jy gryp
na die moes en sou

dis die vegeetbare rituele
die nietighede
wat ons op
ons voete hou

vou jou wasgoed
voer jou kinders
koester jou kleinood
onthou
om te onthou
seethroughme May 2022
ek is
‘n honger wese
my lyf verslind alles
wat kan verteer
my brein smag altyd
na meer en meer

niks is sover genoeg nie

my keel bly oop
ek drink diep en weer
aan die kelk  
van die lewe
‘n dors geles
is ‘n oop deur

na ‘n nuwe smagting

ek bly
‘n honger wese
my ewige lus
is die soetste geur
die beste sous
vir alles
wat ek so swaar leer
dis die poort
na dit wat ek begeer
Next page