"ritme" poems
Wat skryf die hand?
Wat skryf die pen?
In 'n kunste swyg
wat ek so goed herken.
*** loop die sinne
uit in 'n meesterstuk,
wanneer die muse
aan my stiltes verstik?
*** skep ek weer skrywes
wat mense laat wroeg,
sonder die hartseer
en met al hierdie moeg?
*** laat ek my digters tong
luiters in die oopgraf in
met 'n hand vol liefde
raak my siel weer blind.
Waar kom my ritme en passie vandaan
, maar beter nog, met die koms van geluk
... waar het dit heen gegaan?
Mar 12, 2015
Mar 12, 2015 at 3:53 PM UTC
Liefde is:
om die langpad Kaap toe deur te dring met Afrikaans is Groot treffers omdat jy sien *** Pappa sy vingers teen die maat van die ritme tik.
Dis om te weet dat Mamma wel omgee al is sy soms te besig om na jou gunsteling gedigte te luister.
Dis om saam met Boeties rugby te speel al wil jou lyf al vir jare nie meer hardloop en rond gestamp word nie.
Liefde woon hier
Tussen die gee en kry,
Tussen die op offeringe,
Tussen ons almal.
Nov 28, 2018
Nov 28, 2018 at 2:05 PM UTC
Weenlied, weenlied
Op ń valse noot
Handel oor siekte
En eindig in dood
Gebroke verwysings
Probeer jou lei
Maar jou wysie is af
En jou ritme te lui
Weenlied , oh weenlied
My hart pleeg hoogverraad
In my soektog na jou.
Tragedies en ellende
Ñ treurspel aanskou
Deur die wyses
Die edel
Die harlekyn
sluk ek jou suur woorde
Saam met soet rosé wyn
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 5:29 PM UTC
Die donker dans in daai kind se oe
kyk *** die duiwel om hom draai en
walts met die doodsdonker nag
op die ritme van sy swak hart.
Die kind se swak hart
natuurlik bosluis die duiwel hom
toe op die bloedjie se bloed
tot sy are net gal spoeg.
Tant San se hy speel met vuur...
en sit op die doringdraad
tussen hierdie span en die ander
wie hy altwee lelik speel.
Oom Jaap se hy snuif hom slim
die gom is maar om sy hart weer
aanmekaar te plak en die spirits
vir die graffiti op sy spirit en sy soul
maar mens praat nie so van God se kind nie
die laaitjie praat met engele
en gaan eerder hemel toe as jy...
want geen mens gan tweekeer hell toe nie.
Hy wag net om te dooi...
Sjame , die arme kind.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:53 AM UTC
My liefste mens
My beminde
Jy.
Jy is n meesterstuk.
Jy is digkuns, jy is melodie
Jy is ink en papier en woorde
Jy is n kaleidoskoop in anatomie.
Jou mond is my kompas
As my kop verdwaal
Gerroes en deur die wind verweer
Kan jou sagte woorde my veilig laat huistoe terugkeer.
Jou hare, watervalle oor die skatkamers
Waar ek my geheime neerle
Van fluisters in die donker
Tot hardop liefde opse.
Dat ek myself aan jou mag gee
My swaar, my lig, my heimwee
My gister, my more, my vandag.
My geslote deure, my trane, my glimlag.
Jou hande is sleutels wat my kamers oopsluit
En oor my gly soos water oor rante
Om hoeke om draaie
My sirkels, my vierkante
My donker steugies en oop plaaspaaie.
Jou oe is die verlede, die toekoms en nou
En as jy lag sien ek padkaarte in hulle oopvou
Wat lei na orals en nerens
Na die sterre
En na onthou.
Jou bors is my vesting.
My kaggel, my lig, my beskerming
Waar ek veilig my hart kan hou
Om saam met jou dans
Op die ritme van vetrou.
My liefste mens, my beminde
Jy is sterre oe en oop-oog droom
Jou glimlag breek, vee weg en maak skoon.
Jy maak die storm in my rustig.
Jy is die vrede na die reen...
Jy is my virewig
Jul 4, 2021
Jul 4, 2021 at 2:54 PM UTC
In die hart van Afrika se suidegrond,
Styg ’n taal, sterk en bond.
Diep in son en sand,
Stemme dra oor hierdie land.
Afrikaans, die taal van hart en kin,
Gevleg met stories van waar ons was en bin.
Van boereveld tot stad se straat,
Sy ritme sterk, sy klank hard.
Woorde wat van berge hoog weerklink,
Stories oud, na die hemel gesink.
Met elke “sê,” ’n belofte gegee,
Van erfenis wat nooit sal verdwyn.
Ons taal sing van lag, van trane en vrees,
Van stryde gewen en drome geheg.
Al verander die tyd, al rol die gety,
Afrikaans bly staan, sterk en vry.
So hef jou stem, laat dit luid wees,
’n Lied van trots, ’n taal om te lees.
Want in elke frase, elke woord en rym,
Dra ons ons Afrikaans, deur elke tyd.
Nov 5, 2024
Nov 5, 2024 at 1:54 PM UTC
Ik druk mijn lippen op jouw naam,
sierlijk op een enveloppe geschreven,
fragmenten van herinneringen,
in een brief die ik je nooit heb gegeven.
Weet je nog *** wij de eerste keer liepen,
door die oude hoofdstad van ons land?
Door de straten zwervend, lachend,
jouw koude in mijn warme hand.
En weet je nog de kleurigste herfst,
wandelend door het bos bij de duinen,
met jouw dochter die vol bewondering
naar paddenstoelen liep te struinen?
En weet je nog die hoogste schommel,
die bijna reikte tot de maan
waarop ik jou steeds hoger duwde,
omdat ik nog niet weg wilde gaan?
En weet je nog *** wij samen,
slenterend door winkels van ingebonden papier,
intiem pratend, de wereld negerend,
jij mijn hand pakte en zei “hier”?;
“Voel *** wij uit alle macht
hetzelfde dansen op het ritme van dit leven”
en *** ik toen ter plekke bedacht
dat ik jou mijn wereld wilde geven.
En weet je nog, toen het tij
zich tegen ons begon te keren
en wij nog dachten dat wij samen
de storm wel zouden kunnen trotseren,
*** ons roerloze schip
tezamen met mijn wereld is vergaan,
toen de golven van emoties
het tegen de rotsen hebben doen slaan?
En heb je het nog gehoord dat ik zoekend,
tussen het wrakhout in de koude oceaan,
jouw naam heb geroepen tot ik,
schor en half in verdriet verdronken,
maar aan land ben gegaan?
En heb je het geweten dat ik dolend,
over bospaden en de straten van die oude stad,
gezocht heb naar sporen van jou,
niet wetende of je aan mij dacht of dat je mij vergat?
Maar wat je niet hebt kunnen weten
en waarschijnlijk ook niet meer ziet
is dat ik nooit heb kunnen vullen,
de leegte die je achter liet.
Ik druk mijn lippen op jouw naam,
sierlijk op een enveloppe geschreven,
fragmenten van herinneringen,
in een brief die ik je nooit heb gegeven
Jul 18, 2018
Jul 18, 2018 at 10:56 AM UTC