Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Oct 2014
Die donker dans in daai kind se oe
kyk *** die duiwel om hom draai en
walts met die doodsdonker nag
op die ritme van sy swak hart.

Die kind se swak hart
natuurlik bosluis die duiwel hom
toe op die bloedjie se bloed
tot sy are net gal spoeg.

Tant San se hy speel met vuur...
en sit op die doringdraad
tussen hierdie span en die ander
wie hy altwee lelik speel.

Oom Jaap se hy snuif hom slim
die gom is maar om sy hart weer
aanmekaar te plak en die spirits
vir die graffiti op sy spirit en sy soul

maar mens praat nie so van God se kind nie
die laaitjie praat met engele
en gaan eerder hemel toe as jy...
want geen mens gan tweekeer hell toe nie.

Hy wag net om te dooi...
Sjame , die arme kind.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
936
   Christine Ueri
Please log in to view and add comments on poems