Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member

Members

Poems

Adriaan Harms Oct 2014
Terwyl jy hom ignoreer,
Trek iemand anders sy aandag.

Die liefde val weg.
Die hartseer raak minder.
Gevoel van alleen wees is nie meer sleg.

Ja jy voel beter,
Maar ook maak dit seerder.

Jy verloor hom.
Hy verloor jou.

Se my, waar is dit wat gebou was?
Of was dit ook net n las?

Ek weet, jy weet nie wat ek se nie,
Maar nou hoef ek nie weer by jou aan te le nie.
Sean Achilleos Dec 2020
Ek is 'n alleen vlieënde uil
Ek ry op die rug van die wind
Niemand kan my hou nie
Niemand kan my vang nie
Ek lei 'n nagtelike lewe
Vol misterie
Deur die dag slaap ek
En ek **** ... ek **** nogal baie
Ek sit hier bo in my boom
Ek kyk af op die mensdom
Dom is omtrent die woord
Ek wonder hoeveel wysheid julle het
Ek wonder of julle weet *** groot 'n gebrek aan wysheid julle het
Dan in die stilte van die nag sing ek hoo hoo
Om die bygelowiges en die klein gelowiges te rattle
Veral wanneer ek op hulle huis se dak gaan sit
Dadelik skreeu hulle ... Iemand gaan dood!
Dan lag ek lekker in my vlerk vir die klomp simpel goed
Wat hieronder my rond skarrel ... Aih julle klomp liggelowige
My oë kyk deur julle
En ek weet dat julle my nie verstaan nie
*** kan julle tog ... Nooit!!!
Ek bly verre weg van die mens en die dom
Wat net wil moor en vernietig ... Di's julle natuur
Ek hou my een kant ... Want ek is een kant
Written by Sean Achilleos / 28 December 2020