"fyn" poems
Jou intrieke detail
En fokus, riem deur
Jou werk soos are...
En ontmitologiseer die
Twyfel rondom ń
Onbetwyfelde meesterstuk...
Jou woorde is die huid
Van ń poëtiese mens
Wat sy stem verhef
Oor die onbenullighede
Wat my begaan , en
My fyn moed,
So breekbaar soos ma
Se porselein goed...
Raak jy verlore of
Raak jy aan my hart.
Raak jy dalk moeg
Vir die bleeksiel wat
Vêr verlore raak in jou
Oneindige insig.
Want jou woorde spoel
Oor die blaai in ń
Vloedgolf van misverstand,
soutwater smart streel
Jou alliterende liefde
Wat verby my rym...
Ons was nog altyd ń klug.
Verlief op ń digter.
Onbenullig, die metafoor.
Tussen die lieflike lyne
-Sal ek myself verloor.
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:05 PM UTC
ek loop die fyn lyn I walk the fine line
tussen between
swem of verdrink swimming or drowning
een voet one foot
voor in front of
die ander the other
stap vir stap step by step
as ek bekommer if I worry
help dit nie it doesn’t help
die resultaat the result
is die selfde is the same
die lewe gaan maar aan life just carries on
ek soek die I seek the
opegewondenheid excitement
van elke of each
oomblik moment
my sieel my soul
is gaar is ready
om te ontspan to relax
soos die just like the
springkaan grasshopper
moet ek leer I must learn
van die miere from the ants
om te bespaar to save
Feb 23, 2012
Feb 23, 2012 at 5:07 AM UTC
die ompad is die beste the detour is the best
gedeelte van die reis part of the journey
as jy nie verlore raak nie if you don’t get lost
kan jy nie die regte pad vind nie you won’t find the right path
as jy ontmiddelik op if unexpectedly you
jou drome come upon
aankom your dreams
sal jy veras word you will be surprised
drome is soos dreams are like
'n fyn skuldery a fine painting
elke streel each stroke
van die verf of the paint
elke kleur each colour
elke toon each tone
elke emosie each emotion
uitgedink thought out
uitgebrei expanded
en dan skielik is dit and then suddenly it is
wonderlik wonderful
May 3, 2012
May 3, 2012 at 12:43 PM UTC
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer
als wat goed is in die lewe;
saam met die suur melk uitgemoer
al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas
, ek hunker na n glasie brandewyn
om die herrinneringe mee weg te was.
Want Vader al val 'n duisend aan my sy
en tien duisend hier langs my
vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby.
Ek is moeg vir alleen wees
moeg vir bang wees
vir koue voete
koue hande en
'n hart wat altyd koud sal wees.
waars die liefde en genade
waarvan ons in ******
en die Bybel lees.
Waars my stukkie hemel.
Waars my engelkoor.
Is dit ook tussen my suur melk...
of het ek dit deur bottervingers verloor?
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
ervaring het my beindruk experience has impressed me
en die fyn lyne and the fine lines
is op my vel on my skin
ingedruk pressed
as ek die lyne streel if i caress the lines
om hulle te laat to make them
verdwyn disappear
word ek bekalm i become calmed
ontspanning loer in relaxation peers in
soos 'n kleintjie like a young child
wie 'peek n boo' who plays
speel 'peek n boo'
drome spoel dreams spill
soos die trek van like the pull of
die getye the tides
'n hele oseaan a whole ocean
van lewe of life
in die verlede in the past
en 'n hele oseaan and a whole ocean
wat voor my le lies before me
niemand kan voorspel no one can predict
wat sal gebeur nie what will happen
die lyne in my lewe word getrek the lines in my life are drawn
deur die kunstenaar by the artist
deur die digter by the poet
deur die tuinier by the gardener
Apr 20, 2012
Apr 20, 2012 at 8:28 AM UTC
Kyk met horlosie swaai
kom wysheid , op een of ander manier...
Wanneer hardebaard hardehout fyn skuur
en boeta begin skuim pis-
dan is dit mos als goed en wel...
Jy's nou volwasse en verandwoordelik
vir jou kak, vir my kak en sommer die kakbak...
... en dan mag jy mos nou nie bloedkook nie
want daardie potte kom moeilik skoon
en behoed jy kort van dtraad raak
want as iemand nie aan jou been trek nie - wel ja
maar soms kom daardie klein
snotkoppie gees deur
as ander "volwassenes" vergeet
om die plooie die dag aan te plak.
Dan draai alles terug
en ek wens dat ek weer oud en koud
onder die kuwe kon raak,
want demoer in raak ek gougou
vir grootmens doeke en dommies.
Kyk ,sommige kak
moet maar net kinderkak bly,
want as my kinderhart weer vlam vat
is ek weer die duiwel se kind.
Dan draai ***** en giggles vinnig om
en wys ek *** snaaks dit kan wees
as mense val en seerkry.
Laat ek nou maar asemhaal
my das regtrek en heut...
ek is nou groot,
moet mos eintlik van beter weet.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:49 AM UTC
Op hierdie aarde, groen en blou
Met torings wat die lug uit grou
In elke huis waar mens dalk bly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In wye winkels en krom kerke
In nommers en vergete merke
Waar ryk sweef en arm lei
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In stede, woude, see en woestyn
In alles, geen, grof en fyn
In luuks, skaars, bont en plein
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In winter, lente, somer, herfs
Met albei vuur en skadu bederf
Waar ook al maan en son mag skyn
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
Waar sterre sing en sonne lag
Omring met komberse van die nag
Waar ou gode en planete gly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In ou legendes en sprokies verhale
In dooie sang en in lewende tale
In woorde wat die hart oop sny
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In gister se groot verlate vlug
In môre se onmeetbare sug
In die nou wat ons so graag vermy
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
In slaap te dig en drome swart
In die wandel en wonder van die hart
In seer, troos, kwaad en bly
Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
Aug 4, 2019
Aug 4, 2019 at 5:17 PM UTC
Ek babbel , babbel
Soos ń water wat kabbel
Teen klippies in ń stroom
En oorstroom ons gesprekke
Met feite en ekke
besproei jou Met
druppels van my droom
My waarheid syfer
Deur groewe beywer
Om my insig met jou te deel
Maar deur fyn persepsie
Sien hul die infeksie
Van ń mens
Wat my hart kon steel
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 3:24 PM UTC
Da jeg røg min nat smøg ude på nordlysets bad, mens jeg kiggede udover broen der førte fra langeland til fyn, jeg kunne ikke se hele broen. Kunne se at den stoppet, som en vej væk fra livet. Synes det var fint på en måde også ikke, for det var bare en bro.
Mar 9, 2016
Mar 9, 2016 at 6:11 PM UTC
en ná die storm se kalm
en ná die wind en reën
is die sagtheid van die aarde oorverdowend
my blinde oë
en krom ou hart
lê soos sade en
vrôt in die land
tot onder sterlig een aand
dié muwwe vlies bars
en 'n fyn wit worteltjie
voel-voel die wêreld in kruip
***
and after the storm's calm
and after the wind and rain
the softness of the earth is
deafening
my blind eyes
and crooked old heart
lay like seeds and
rot in the land
'til under the starlight one night
this mouldy membrane burst
and a fine white root
tentatively creeps into the world
Nov 13, 2022
Nov 13, 2022 at 4:17 AM UTC