Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Oct 2014
Kyk met horlosie swaai
kom wysheid , op een of ander manier...

Wanneer hardebaard hardehout fyn skuur
en boeta begin skuim pis-
dan is dit mos als goed en wel...

Jy's nou volwasse en verandwoordelik
vir jou kak, vir my kak en sommer die kakbak...

... en dan mag jy mos nou nie bloedkook nie
want daardie potte kom moeilik skoon
en behoed jy kort van dtraad raak
want as iemand nie aan jou been trek nie - wel ja

maar soms kom  daardie klein
snotkoppie gees deur
as ander "volwassenes" vergeet
om die plooie die dag aan te plak.

Dan draai alles terug
en ek wens dat ek weer oud en koud
onder die kuwe kon raak,
want demoer in raak ek gougou
vir grootmens doeke en dommies.

Kyk  ,sommige kak
moet maar net kinderkak bly,
want as my kinderhart weer vlam vat
is ek weer die duiwel se kind.

Dan draai ***** en giggles vinnig om
en wys ek *** snaaks dit kan wees
as mense val en seerkry.

Laat ek nou maar asemhaal
my das regtrek en heut...
ek is nou groot,
moet mos eintlik van beter weet.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
1.2k
 
Please log in to view and add comments on poems