Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Voel jy ook soms asof die wêreld na 'n einde kom
Niks maak meer saak nie
Niks het meer waarde nie
Al wat oorbly is nou
Alles voel so lank gelede
Die jare het verby gevlieg
Hier staan ons aan die einde van 'n reënboog
En na alles wat gedoen en gesê was
Kruis ons paaie weer mekaar
'n Bittersoet versoening
Ons het 'n kronkelpad geloop
Ons het tydelik ontspoor
Maar nou verstaan ons mekaar
Niemand is tog so anders nie
Ons het meer ingemeen as wat ons kon droom
Maar dit was 'n stryd
Net om te vind dat ons tog so eenders is
Tyd gemors, tyd verloor
Hier staan ons nou op die laaste spoor
Die fluit het geblaas
Die treine rol in
Treine wat mekaar gemis het
Treine wat behoort aan mekaar
Sean Achilleos
14-01-2025
Johan Nel Apr 2020
Die grys winter gras
Kruip stadig in die groen in
Soos my lewe saam jou
Is daar geen versoening

Ek **** die ***** Koue
Hart van ys, las van die dood
So voel my binneste soms
'n Hart van lood

Tog loer die warm bal son
Skrefies deur blou spookasem
Die warmte sal weer kom
'n Vuur in 'n reënboog lugballon
© Johan Nel 2020.04.08 07:51

— The End —