Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Arian  Nov 2017
Sonder jou
Arian Nov 2017
Ek skryf vandag ñ gedig
ñ gedig sonder emosie
sonder enige gevoel
want soos ek nou voel
voel ek leeg,
leeg sonder jou...

So ek skryf  ñ gedig
ñ gedig sonder jou
maar wel vir jou...

ñ Gedig wat wil sê
Ek hou van jou
Ek is lief vir jou

Maar waar is jy nou...
Is moeilik om te begryp,
en nie rerig mooi nie.
Dis 'n spoegspat soos 'n herrie-
'n gemmors wat langs die kar staan en bedel.

Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog
verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine.
Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes
en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig.

Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar
'n metafoor. Vir wat? Se jy my!
Jy wat my analiseer en dissekteer...
want daar is geen meer sterre wat pyn nie,
die woorde wat rym ennie
ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry
in my agterkop waar dit donker is soos
'n land waar hoop 'n feeverhaal is.

Dis te donker om nou te rym,
maar te donker om in te hou...
so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit
en bloei nonsens-ink op die blaai.

Aan die einde is dit nie net die gedig nie.
Dis die ganse wereld wat rym.
Elke herrie en spoegspatter
elke gerookte ster en hartseer kokkedoor
ek , jy - ons almal is 'n gedig.
Ons almal rym...
ons is net te moeilik om te verstaan
en nie altyd mooi nie.
Arian  Nov 2017
Gedig aan niemand
Arian Nov 2017
Is liefde ñ keuse
of is liefde ñ gevoel
En *** moet ek dan voel om liefde
te voel...

So sê my
is daar iemand vir my bedoel
of is liefde
net nie vir my bedoel

En het jy dan al so gevoel
Want miskien en net miskien
is ek
en jy
vir mekaar bedoel
nie deur keuse, maar deur gevoel...
N man kan ook net soveel vat.
Of kan hy meer?

Stof vergader in my kern
My bene toe onder n wit sy net.

N hartklop van gewigte wat val,
My teen die bed vasdruk.

Elke versreël eindig met n punt.
Elke strofe sonder rym.

Dit is nie n gedig nie,
So hoekom hou ek aan met skryf.

In n amper-liefdesbrief:
N deuntjie sonder noot.

*** okal die besonderse seer.
In my antwoord wil ek skree.
Ek stagneer jou meer,
maar stilstand is my dood.

— The End —