Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member

Members

Jesse stillwater
I take the liberty to call myself a thinker, an occasional poet, out here adrift — Jesse e Stillwater — all rights reserved
Irate Watcher
30/F/Denver    Maw, I wanna make pictures with words.

Poems

JeanlBouwer Oct 2010
Met boeke vol helde, soos ek en jy
Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey
Almal met die doel, om hul volk te bevry,
Die Afrikaner, uit te brei
Om hul families, van leiding te bevry

Selfs, De LaRey
‘n Lafhart, wou eers nie beklei
Later die held, wat die boere, verder wou lei
Familie man, vader seun broer en gesant

Ja, die mense was ook bang
Maar met passie,
Met drang
Met dit wat slange vang
Het hulle als aangevang

Kyk na jou vriend
Kyk na jou maat
Kyk na die, anderkant die straat
Dis jy, wat hul toekoms baat
Dis jy, wat hul vereen, ou maat

Die Afrikaners, was plesierig
Dit, kan julle glo
Nou gevul, net met gierig
En al hul misnoe
Ja, dit kan julle glo

Waar is ons eendrag
Waar is ons mag
Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag
Waar is ons helde, van vandag

‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan
Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan
Elk, wat sy man wil staan
vir die taal, wat min verstaan
‘n Kultuur, wat net ons verstaan

‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy
Helde, wat die Afrikaner wil bevry
Helde, wat nie bang is om te baklei
Helde, soos ek en jy!
Blom In Blou  Aug 2020
Wat Is
Blom In Blou Aug 2020
Wat is
Soet sonder suur
Wat is
Lente sonder winter
Wat is
Lig sonder donker
Wat is
Wolk sonder droogte
Wat is
Kos sonder honger
Wat is
Slaap sonder moeg
Wat is
Lewe sonder dood
Wat is
Ek sonder jy
Wat is
Is sonder niks?

https://blominblou.weebly.com/blog/wat-is
Adriaan Harms Oct 2014
In my droom wereld...

Daar, in die verte, is n bed vir as ek moeg raak.
n Berg wat ek gebruik as n kuns muur.
En n oop veld vol rose.

Bo my, die blou lug met reen druppels wat val, maar wat nie nat maak nie.
My gedagtes wat rond sweef.
musiek wat gehoor word maar nie gesien word nie.
En dan, jy.

n Bed vir my en jou.
Jou naam op die berg met klippe, gevorm soos harte, gepak.
n Oop veld rose wat jou emosie kleur wys.

Reen druppels wat val, wys my jou trane.
My gedagtes wat vir jou wys *** spesiaal jy is vir my.
Musiek om als te laat kalmeer.
En jy, vir my om lief te he, sonder om te stres oor wat jy sal **** of se as jy weet jy is die een wat ek wil he.