Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Oct 2010
Met boeke vol helde, soos ek en jy
Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey
Almal met die doel, om hul volk te bevry,
Die Afrikaner, uit te brei
Om hul families, van leiding te bevry

Selfs, De LaRey
‘n Lafhart, wou eers nie beklei
Later die held, wat die boere, verder wou lei
Familie man, vader seun broer en gesant

Ja, die mense was ook bang
Maar met passie,
Met drang
Met dit wat slange vang
Het hulle als aangevang

Kyk na jou vriend
Kyk na jou maat
Kyk na die, anderkant die straat
Dis jy, wat hul toekoms baat
Dis jy, wat hul vereen, ou maat

Die Afrikaners, was plesierig
Dit, kan julle glo
Nou gevul, net met gierig
En al hul misnoe
Ja, dit kan julle glo

Waar is ons eendrag
Waar is ons mag
Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag
Waar is ons helde, van vandag

‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan
Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan
Elk, wat sy man wil staan
vir die taal, wat min verstaan
‘n Kultuur, wat net ons verstaan

‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy
Helde, wat die Afrikaner wil bevry
Helde, wat nie bang is om te baklei
Helde, soos ek en jy!
JeanlBouwer
Written by
JeanlBouwer
5.8k
   September
Please log in to view and add comments on poems