Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"asof" poems
Die ou kniee knak en kraak en maak geraas , maar sal sukkel-sukkel teen die rand hou om jou te dra. **** *** ek kriekbeen, in die laatnag na jou vra. My ribbes is marimbas, uitgehonger vir die hokmaak van 'n antieke snaardrom hart. Wat nou met mening elke been se noot raak slaan en hammer asof opnuut gevorm en gespeen. En tog die kop raas soos basyn geskal en bomval, want binne woed die stryd van goed teen kwaad. Ek speel vir jou 'n simfonie: Die lirieke dalk af, maar tog op maat. Ag ek's sommer simpel, dis die liefde wat so praat...
0
Sep 5, 2014
Sep 5, 2014 at 7:14 PM UTC
Simfonie (Vir Snoekie)
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak So asof ek ewe skielik van jou bewus word Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop Of, verbeel ek my al hierdie dinge En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..
0
Nov 26, 2012
Nov 26, 2012 at 3:08 PM UTC
#Sug
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison. Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het… Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid. Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien. Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae. Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms… Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:40 AM UTC
Die velde...
Voel jy ook soms asof die wêreld na 'n einde kom Niks maak meer saak nie Niks het meer waarde nie Al wat oorbly is nou Alles voel so lank gelede Die jare het verby gevlieg Hier staan ons aan die einde van 'n reënboog En na alles wat gedoen en gesê was Kruis ons paaie weer mekaar 'n Bittersoet versoening Ons het 'n kronkelpad geloop Ons het tydelik ontspoor Maar nou verstaan ons mekaar Niemand is tog so anders nie Ons het meer ingemeen as wat ons kon droom Maar dit was 'n stryd Net om te vind dat ons tog so eenders is Tyd gemors, tyd verloor Hier staan ons nou op die laaste spoor Die fluit het geblaas Die treine rol in Treine wat mekaar gemis het Treine wat behoort aan mekaar
0
Jan 17, 2025
Jan 17, 2025 at 6:06 AM UTC
Treine