Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Apr 2021
Liefie, wat gaan aan met Isak?
vandat julle terug is lyk hy so bek af.
Wat het gebeur daar op die berg;
het jy hom nou weer genadeloos geterg?

Die kind lyk asof sy lip op die grond hang
en as jy hom n hoek kom, lyk hy skoon bang.
Ek **** ons moet die sielkundige bel
laat hy bietjie uitvind wat die kind knel.

Nee! se Abraham skielik baie benoud:
as Sarah moet uitvind, ril hy koud.
Later om n hoek gryp hy Isak aan sy nek
Wys vir hom die mes en se:  JY hou jou bek!
Written by
Corna Badenhorst
119
   Imran Islam
Please log in to view and add comments on poems