Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jou woorde is ń vlak graf
Wat doodluiters
Op my pad gevly lê
En wag en lê en lag.

Ek wat onder daglig dommel
, verlore in die uitspansel
Wat uit jou hoop lumier,
Val vinnig vir jou vangwip.
Verval in die verkeerde tydstip.

Thenatos, finato , finaal.
Jy wou nog altyd agter
Jou swart kuil wegkwyn,
En die waarheid en seerkry
En skande ontduik.
Bely jy jou donker aan my?

Ag timmer tog jou naam
In my steun en vergeet nie
Jou pedantriese woorde nie.
*** anders dan nou sal ek
Met engelstem die
Uitloop besing van pederastie.

Onthou my vir my
Donquichoterie,
Want jy is nie regtig
Lief vir my nie.
Kom ons wees oppervlakkig
Kom ons verbeel ons dit was niks
, 'n nag vol stampe en stote
dis al , - dis al

Kom ons wees naief
en jonk en dom
, en ... ag ek weet nie
ons leef mos net eenkeer?

Kom ons wees koud en
hard, soos die plaiveisel
en die mure waarteen jy my
vasgedruk het as ons soen!

Kom ons bou vir maande
aan iets en verloor dit
in jou hortende stem
wat soms die sprong
oor die berge kon maak,
maar nou wegkwyn in
kuberstiltes -stiltes -stiltes
waar jou ***** se echo
in die verlede verdwyn.

Waar is jy nou?
Nou dat my are al
lintend- swerwend in
die wind agter jou wapper
en my hart knus in jou
glas bottel le...
nog 'n glas bottel,
was al wat jy werklik wou he.

Kom ons wees verlief
Depressief
Agressief
Neem inisiatief en
vergeet van my...
,want diep binne
het ek jou
nog eintlik lief...
Hello Genisis
Kom ons wees oppervlakkig...
Johan Nel Sep 2019
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?

Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom

Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees

Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
© Johan Nel 2019.09.18 23:38

— The End —