Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
lucy winters Jul 2015
ek het iemand nodig om namens my te bid, te pleit
my gebede val soos ouds op dowe ore ongehoor
ek voel oud en alleen uit gesmyt
ek het nou op gehou pm te glo ek kan toor
ek het ver geval en seer gekry
ek het op gegee op my
my kop en my lyf probeer mekaar so ver moontlik vermy
weereens het ek myself verloor
ek is te moeg om op te staan om weer te begin soek
ek is bang vir die kry, die kruis verhoor
ek voel teen gekant en vervloek
ek is niks nie anyways
Ek het 'n iemand tattoo op my skouer wat vir my bid,  want ek kan nie altyd en vader weet ek het dit altyd nodig
Siska Gregory Dec 2016
Wanneer n mens jou gedagtes laat dwaal, oor die jarre laat verdwaal dan besef mens weereens die wonderwerke van mense.
Mense wat sterk is, sterker as wat ek is.
Mense wat wense laat waar word, soos in n storie lyn waar alle hartseer verdwyn.
Dan is daar n spesifieke mens wat ek die beste voor wens.
Wat my elke dag laat weet dat pyn mens nie kan terug hou van n lewe vol lewe en geluk nie.
n Ware punt van krag, wat regtig niks terug verwag behalwe die omgee en die liefde van n mens wat niks het om terug te gee behalwe n dankbare hart nie.
Jy is my beste maat, my nooit verlaat, my buddy en my sussie.
Ek is jou grootste fan dall. Beslis is jy alles en meer waarvoor ek kon wens en sal jou altyd lief he en trots wees op jou.  2016-04-16
To my best friend and sister... You mean the world to me
100 jaar herrinering
100 mense ween
100 trane val daar
100 druppels reen
van die hemel heen

Dankie vir die reen o God
die plase was so droog
die kommer word nou weggespoel
uit talle boer se oog



oor droewe grond
wat kraak en bars
streel helend hand
loop water vars

oor die mielies, koring
en oor goue hawermout
dans in die wind die jongeling
en skyn opnuut wee goud

die Here het geantwoord
oor wenige gebed
bewys van vooraf weereens
al genade wat hy het

maar wolke breuk, strome spoel
die grond word weer genees
maar spokend, kaal en lenig
sal die kerk weer Sondag wees

onthou jy jou gelofte
my Afrikaner kind
wat nou soos na dood siektes
voor die oe ontbind

**** my woord op nuut
oor die heuwels sal dit reis
tot my volk gaan terugkeer
sal opbrengs , soos geloof,
deur droogtes vergreis
Tanya Jun 2017
Hoeveel keer gaan jy my hart nog breek?
Jy het belowe jy sal dit nooit doen nie
Ek weet ek het nie jou liefde hanteer soos ek moes nie
Ek was nie gereed nie en jy weet dit nou meer as ooit

Maar dat ek jou lief gehad het, en steeds het, is sonder twyfel
Ek weet ek het dit nie gewys in die maniere wat ek moes nie
Ek weet ek moes jou buckets vol maak
Ek het getry

Maar vandag is n ander storie
Vandag kan ek sê dat ek geleer het
Ek kan sê dat ek verstaan wat mens moet gee
Ek begryp die betekenis van liefde
Ek verstaan wat ń soulmate beteken

En tog weereens smyt jy my weg soos ń ou lap
Ek ken nie die mens wat jy nou is nie, jy is harteloos, verdwaal, onbekend

En so ken jy my nie meer nie

"You don't know the new me, I put my pieces back differently"
My stukkie hoop vir jou afwagting is weg..

— The End —