"smaak" poems
Knuppeldik gaan slaap die stad
na 'n feesmaal van smaak en kleur
vloei die reuke deur die strate
in 'n Brown se beweging van geur.
Alle trommels , trommeldik maar maak 'n lee geraas
en in die donker , agterstrate begin die ander nou te aas
Kom die honger hande uit die sakke
en krap met rook-geel vingernael
soek die skummel in die swartsak
vir 'n laaste dissipelsmaal.
Maar jy is skille , jy is doppe
jy is alles wat laat gril
nie genoeg vir koningstafels maar vir my
net genoeg om die knaagdiere te stil.
Onerfare soos ek is , vat my hongerbrein ook mis
watter mens kan so dan lewe? watter mens kan so dan eet?
van die lykswa en die straatveers
het hierdie boemelaar vergeet.
Ek is mens en nie 'n vark nie,
(al moet 'n mens ook eet).
En stil vergaan die boemelaar
wat kieskeur ook wou wees,
nog 'n straatkind se ou lykie
nog 'n honger kinder gees...
ek wat was het mos gesien
*** kos op tafels lyk,
en het sodanig hart verloor
op kosse kleur en ruik.
Met 'n bord vol knubbels le die lykie
voor hom , onaangeraak.
Al was kos ook wat kos was daar
het hy te lief vir die droom geraak.
Eerder kwyn en dood verslaan
as om die droom te ruineer.
Eerder dood van honger,
as om hierdie kos , as sulks te eer.
Jan 14, 2015
Jan 14, 2015 at 10:37 AM UTC
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis;
Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is.
Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel.
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly;
Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan.
Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag;
Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag.
2016/07/17
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Leer van jouw ogen,
Zij zijn als boten welke altijd in goede conditie verkeren,
Zij zijn niet in staat te verdrinken door het water die haar binnenste opvult,
Verstrengeld als zij zijn, staan zij hoog terwijl de tranen die zij afscheiden zich naar het laagste punt wenden,
Blind of verblind, zij zullen altijd blijven werken - zij zijn op'gedragen.
Mijn geliefde peddelaar, waarom dwing jij je ziel dan te verdrinken in zeeën van gedachten welke het licht niet hebben gezien, noch de zoete smaak van zuurstof hebben geproefd?
Mar 7, 2021
Mar 7, 2021 at 2:25 PM UTC
Gedagtes wat eenvoudig lig lief is
Kan helder maak
Koppe wat te slim swaar donker deurmekaar raas
Woorde wat moedig sag sappig is
Kan heel maak
Harte wat moedeloos af gebreek is blaas
Dade wat beleefd groots gaaf gelukkig is
Kan skeppend maak
Hande wat hopeloos toegevou honger staan staak
Drome wat goedhartig braaf kreatief is
Kan hemels moontlik maak
Oorkom toekoms wat donker verborge na vrees smaak
Aug 11, 2020
Aug 11, 2020 at 7:41 AM UTC