Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Nov 2018
Liefde is:

om die langpad Kaap toe deur te dring met Afrikaans is Groot treffers omdat jy sien *** Pappa sy vingers teen die maat van die ritme tik.

Dis om te weet dat Mamma wel omgee al is sy soms te besig om na jou gunsteling gedigte te luister.

Dis om saam met Boeties rugby te speel al wil jou lyf al vir jare nie meer hardloop en rond gestamp word nie.

Liefde woon hier
Tussen die gee en kry,
Tussen die op offeringe,
Tussen ons almal.
Marie
Written by
Marie  24
(24)   
1.4k
 
Please log in to view and add comments on poems