Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jou eierbeloftes word
In mooi woordjies
En trane spoortjies
Toegedraai
En ingelyf
In die raadsale
Van my helderheid
En my bekwaamdheid
Oor gesonde redenasie
Uit legio self disintigrasie

Ek bêre dit knus
In my eie kluis
Te midde my huis
Ń yspaleis

As ek dit bewaar
Teen die donker gevaar
Wat dreig uit elke
Oordeelsdag
Wat op al die ponde
en onse wag
Elke "ek het vasgeval in verkeer"
Elke "jou wanvertroue maak my seer"
Elke kode woord
Agter die slot op jou skerm
bly jou sondeval verstoord!!
Jou eierbelofte is ń kuikenmoord!!

Dan hardloop ek terug
En kyk na die dop
Wat my toe snou
As ek dit net stywer toevou
, minweted salmonella
En bylepes
Skuil in die amnion
En wurg die blou driehoek
Op ń voortrekkervlag
Eet ek daarvan sal die dood op my wag

Jou eierbeloftes
Jou akkideskak eer
Jou asyn rein liefde
Sal ek bly trotseer

Vergewe my tranedal
Want blykbaar is
Ek net verlief
Op my eie terugval
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval

Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?

Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!

Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.

Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;

Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.

My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.

Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...

Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.

Amen
Tussen my gesteelde fotos
En bekoorde akoorde
Verstik ek aan twyfel
In my verlies aan woorde

Ń Oorverdowende stilte
In die kuberruim
,Die koperkoord kletskamers
En bakkiesblad boodskappe.
Trek op jou neus vir
Die new-age kakkerlakke.

Tik my vingers stompies
Op die gladde skerm
Rook in die aande as
My gemoedsbekakkings kerm
Oor die stilte op die foon...
Rukkings deur my lyf
My harts onwrikbare toorn

Ek **** aan jou
Ek droom van jou
Ek wens en hoop op jou
, maar self met die masker
Van moderne tegnologie;
**** jy ook
*** raas die stilte nou?
Johan Nel Aug 2020
Vind jou vrede
Verder as die skerm Woede
'n Skelm van tyd en rus
Voor jy kyk het jy die lewe gemis

Vind jou vrede in die bed
Jou kooi se drome
In winter en somer some
Dit is waar jy tyd vashou in jou hand

Vind jou vrede in wat is
'n Lewe in 'n dop bewus
Een wat kyk en ervaar
Een wat jy moet bewaar

Vind jou vrede in die hede
Soos toekoms uit die verlede
Uit pyn en leed
Kom daar verlossing steeds
© Johan Nel 2020.08.30 17:32

— The End —