Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
seethroughme Aug 2022
fyntjies fyntjies
dans op ‘n lem
hou die pyn
uit jou stem

liggies liggies
oor donker water
dobber vlak bo-op
sink saggies later

en dan

duik diep
deur die duister fluweel
van die sagte nagsee
gaan terug  na wat jy is
swem deur die seer

anderkant die doop
sal alles dieselfde wees
behalwe jy

blaas jou eie vlam  
smee  jouself vry
seethroughme Jan 2022
jy is volbring
‘n groeiende
lewende
polsende
ding
swem uit
duik in
spartel los
en spring
gil of sing
dit wat jy kry
is dit wat jy bring
seethroughme Jun 2021
sewentien kraaie
krys oor my kop
sirkel en duik
sweef
bo die volop
van laatmiddagherfs

iewers in die veld
lê ‘n karkas en vrot
die ontbinding van een
vul die ander se krop

— The End —