Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jenny Pearl Jan 2014
Alleen staan ek in die gang
Onsigbaar vir die om my
My woorde het geen krag
Soos ‘n warrelwind is dit gou verby.

Maar die bome ritsel nie eers nie,
Die wind verroer nie ‘n blaar.
Die warrelwind keer terug na my
Om saam met die ander op te gaar.

Hierdie woorde-winde binne my,
Worstel in my siel,
Dit deurdrenk enige gevoel van samesyn,
Soos ‘n slak onder ‘n trok se wiel..

Splat,
Squish
Eeeuw, gross!

Lê my lewe op die steen

Sies, Ga
Ag nee a man

Spoel dit weg saam met die reën.

Wie sal die woorde wil hê?
Wie sal die warrelwind kan verstaan?
My soektog is nog lank nie verby nie,
Maar vir nou berus ek myself op papier
en by die Maan.
29 Augustus 2007
Tanya Mar 2017
Vandag het jy verjaar
Nog ń druppel van die bas tot die blaar
Ek het jou gaan soek in die branders
Ek het vergeet vir ń oomblik ons lewens is nou anders

Net vandag het ek gevoel
Hulle sê die eerstes is altyd ń warboel
Tog was alles weer okay
Die oomblik toe ek van die branders af ry

Mag die lewensjaar vir jou voorspoed bring
Mag jou menswese in oorvloed sing
Van hier tot daar
Ek hoop jy het lekker verjaar
Ek die lieplapper
Fladder in die wind
Soos ń herfs betaste blaar
Wat in die dwarrelwinde
Tolbos en die reels
Van swaartekrag verag

My kop is op ń blok gesit
Soos die twee vir ń stywers
Wat inner kompaste volg
Na waar die hart mag lei
Sterk oppad na iewers
Maar word deur nikse
En nerense verlydelik gefly

My V formasie vervorm
, vlieg vêr vooruit
Tot waar ek sig verloor
Van veilige jolheid.
Ek verkoop my vryvlieg siel
Aan die voëlwip en sy wag
Onbewus van die somer
Wat oor die waters op my wag.

Ekt my siel verkoop aan
Die winterson...
Prysgegee, môre se geluk
Die stofwolk op die Horison

Môre trap jy oor my
Windverstrooide oorblyfsels
En neurie ń afskeidslied
In jou binnenste.
Jy koester dalk ń traan
Of twee.
Vir die gees van ń
herfsblaar lieplapper
Wat in selfverwyt besterwe
Siska Gregory Dec 2016
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison.
Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het…
Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid.
Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien.
Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae.
Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms…
Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae
Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
Kris Pretorius Oct 2023
As jy weer in jou dagboek skryf
Onthou
Dat daar rede genoeg is
Om te bly vashou

Die goue blaar in die somerson,
En die blou moederkappies
Hulle wag nog steeds vir jou

Teen tafelberg
Waar onskuldige bloed nog steeds
Vermeng is met die sout see water

Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal
Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan

Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei
Hou ek daai oop bladsy
Van jou treurigheid
Langs my sy

— The End —