Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
seethroughme Jun 2021
sewentien kraaie
krys oor my kop
sirkel en duik
sweef
bo die volop
van laatmiddagherfs

iewers in die veld
lê ‘n karkas en vrot
die ontbinding van een
vul die ander se krop
seethroughme Jun 2021
ons staan
voor die sagte
donker
sluier
van die dood
die lewende skaduwee
skielik so groot
een vir een
gaan ons deur
na die onsienbare
deur die poort
die dunste membraan
die diepste doop
#afrikaans
seethroughme Jun 2021
ons klou aan hoop
soos aan die flarde
van ‘n brandende skip
in ‘n yskoue see
seethroughme Jun 2019
wieg
onder
die aanslag
dit word
‘n dans
bly op
jou voete
gee jou lyf
kans
om te wieg
onder die aanslag
om te
bly
staan
seethroughme Mar 2019
die snykant
van die liefde
is so dun
dit glip
ongesiend tussenin
die fynste lem
kerf die diepste
wond
los ‘n dooie letsel
word seer gesond
seethroughme Mar 2019
jy is vasbeslote
verbete
ek kan sien
dis moeilik
elke afgemete tree
weg van jou verlede
die boustof van jou hede
deurdrenk met die wete
dat hierdie jou regte pad is
vorentoe
seethroughme Mar 2019
soms breek ‘n hart
oop
wat binne was
bloei  uit
deur skeure en krake
wat buite wag
skiet wortel
in diep vars gate
‘n gebroke hart is
‘n vrugbare plek
plant versigtig
gee mooi water
Next page