Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
seethroughme Jun 2019
wieg
onder
die aanslag
dit word
‘n dans
bly op
jou voete
gee jou lyf
kans
om te wieg
onder die aanslag
om te
bly
staan
seethroughme Mar 2019
die snykant
van die liefde
is so dun
dit glip
ongesiend tussenin
die fynste lem
kerf die diepste
wond
los ‘n dooie letsel
word seer gesond
seethroughme Mar 2019
jy is vasbeslote
verbete
ek kan sien
dis moeilik
elke afgemete tree
weg van jou verlede
die boustof van jou hede
deurdrenk met die wete
dat hierdie jou regte pad is
vorentoe
seethroughme Mar 2019
soms breek ‘n hart
oop
wat binne was
bloei  uit
deur skeure en krake
wat buite wag
skiet wortel
in diep vars gate
‘n gebroke hart is
‘n vrugbare plek
plant versigtig
gee mooi water
seethroughme Feb 2019
dans jy
jou duiwels uit?
bid jy
hulle reg?
sing jy
hulle aan die slaap?
sus jy
hulle gille weg?
of
voer jy hulle gif
tot jy hulle as wapens kan rig?
seethroughme Jan 2019
onsekerheid en verwarring
verwek die behoefte
om te karring
te torring
aan die los garing
alles uitmekaar te trek
tot 'n naakte ontwaking
seethroughme Dec 2018
‘n miljoen bome
se asems beur op
in ‘n groen waas
teen die dwang
van bruin lug
se gewig
Next page