Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Feb 2017
N man kan ook net soveel vat.
Of kan hy meer?

Stof vergader in my kern
My bene toe onder n wit sy net.

N hartklop van gewigte wat val,
My teen die bed vasdruk.

Elke versreΓ«l eindig met n punt.
Elke strofe sonder rym.

Dit is nie n gedig nie,
So hoekom hou ek aan met skryf.

In n amper-liefdesbrief:
N deuntjie sonder noot.

*** okal die besonderse seer.
In my antwoord wil ek skree.
Ek stagneer jou meer,
maar stilstand is my dood.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
729
 
Please log in to view and add comments on poems