Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg.
Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song"
Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots.
Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed.
Mag die voΓ«ltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt
Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal
Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer.
Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree
Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou.