Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
C Jan 2023
op die eerste oogopslag geweet
jou skewe glimlag gaan my heel insluk
met jou prag bruin oë het jy tot in my siel in gekyk
saam met jou sal ek die teerpaaie plat rits,
want dit maak nie saak in watter een van die vier hoeke van 'n padkaart ek myself bevind nie
jou hart sal altyd my tuiste wees
ek sal die koue asem van die winter aanpak in die vroeë oggendure
net om vir jou grondboontjiesbros te koop as die dag te veel was
op die eerste ontmoeting geweet
jy gaan 'n groot rol in my sprokiesverhaal vertolk
jy is goed vir my
en ek hoop van harte ek is goed genoeg
vir jou

— The End —