Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jan 2023
op die eerste oogopslag geweet
jou skewe glimlag gaan my heel insluk
met jou prag bruin oΓ« het jy tot in my siel in gekyk
saam met jou sal ek die teerpaaie plat rits,
want dit maak nie saak in watter een van die vier hoeke van 'n padkaart ek myself bevind nie
jou hart sal altyd my tuiste wees
ek sal die koue asem van die winter aanpak in die vroeΓ« oggendure
net om vir jou grondboontjiesbros te koop as die dag te veel was
op die eerste ontmoeting geweet
jy gaan 'n groot rol in my sprokiesverhaal vertolk
jy is goed vir my
en ek hoop van harte ek is goed genoeg
vir jou
C
Written by
C  22/Cisgender Female/South Africa
(22/Cisgender Female/South Africa)   
78
 
Please log in to view and add comments on poems