Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie.
Dis mos nou kinders-kry dan trou ,
'n priem baba se : Ek is lief vir jou.
Verby nog voor dit begin het.
Of is my hart nou wiegiedood wat
doodluiters my eie galg om die baba hang.
Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek?
Of het ek nou maar oulaas 'n manier
om al die goeie goed - uit vrees
van stapel te stuur?
Ek kan jou volg... sal jou volg;
sou jou volg tot waar die wind ons waai
en saam jou kan ek... sal ek
sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai,
maar *** gaan ek die onbekende in
as dit tussen my en die horison le?
My hartklop eikehout in die gang,
hy klop nog koud , maar hy klop nou!
En jy praat van altyd en van later en van dan:
verder selfs as wat my sig durf reik!
Jy is my nou.
Jammer dat ek more jou gister gaan wees;
probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie
en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier
en ek wil groei.
Ek kan nie die trouring dra nie
,as hy nog koud aan my vinger kleef...
my hart is dalk nog prematuur ,
maar ek wil graag uitgan
en die koue skouers en spervure
vir my self gaan beleef.
Moet my nie die son wys nie
Ek leer nou eers *** om te sien...
en moet nie se jy is lief vir my nie,
want more is dit verby nog voor dit begin het.
En dan hang ek die priem.
lucy winters Jul 2015
ek staar dae lank na n lee wit muur
binne my brand als soos vuur
in eensaamheid word ek toegevou
buite kou die druppels dou
die laaste uur voel ek so koud
voel so amper amper oud
al die dinge wat my pla
dra ek diep, dit volg my na
ek kou en herkou
my tong so amper flou
steeds ***** jy naby my
en ek kan jou net nie kry
Written for H.
Ek die lieplapper
Fladder in die wind
Soos ń herfs betaste blaar
Wat in die dwarrelwinde
Tolbos en die reels
Van swaartekrag verag

My kop is op ń blok gesit
Soos die twee vir ń stywers
Wat inner kompaste volg
Na waar die hart mag lei
Sterk oppad na iewers
Maar word deur nikse
En nerense verlydelik gefly

My V formasie vervorm
, vlieg vêr vooruit
Tot waar ek sig verloor
Van veilige jolheid.
Ek verkoop my vryvlieg siel
Aan die voëlwip en sy wag
Onbewus van die somer
Wat oor die waters op my wag.

Ekt my siel verkoop aan
Die winterson...
Prysgegee, môre se geluk
Die stofwolk op die Horison

Môre trap jy oor my
Windverstrooide oorblyfsels
En neurie ń afskeidslied
In jou binnenste.
Jy koester dalk ń traan
Of twee.
Vir die gees van ń
herfsblaar lieplapper
Wat in selfverwyt besterwe

— The End —