Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Bryan Muller Jun 2016
Die verwoesting van die velede loop uit in die hede.
Hier waar als tot rus kom met die lug wat soos 'n skarlakenrooi duin al *** stywer smeul, met die spanning klop in harmonie met die donker kol in my hart wat die toekoms verniel. Die bloedsaar le rooi op die horison soos 'n verlore asempie van 'n kind en die gefluister van die wind begin praat in die dieptes.
Die verwoesting le in die rooi lug soos 'n sluier...
Die waarheid

In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil

Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd

Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees

Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart

Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...

Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel

ja...

*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal
In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil

Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd

Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees

Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart

Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...

Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel

ja...

*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal

— The End —