Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Siska Gregory Dec 2016
Daar is n lieflike gevoel in die wind.
n Gevoel wat bind, n gevoel wat sink, sink diep in n mens se hart in.
Hy praat met n mens soos n boek, n bladsy wat vertel van die Goddelike wind...
So gaan die pad voor mens oop en raak gou vol hoop van goeie dinge wat voorle.
En so verlang mens dan na iemand, iemand ver, ver weg en seg in jou hart:
“Die lewe is soos die wind, die Goddelike wind wat verbind van een hart na n ander”.
Want die waai deur mens se hare, die gevoel van koel, maar warm teen mens se wange en die verwaai van gras op plaas paaie is wat ek noem die Goddelike wind, wat bind… van een hart na n ander. 2016/01/21
Inspired by my dear mother...you are the best
Khoisan Sep 2021
Die son het geskyn oor die more
van ons mense,
terwyl die mis stilletjies inbeweeg oor hierdie toe nog rustige waters,
Ja wit skuim soos 'n skim
was met duisende
jare van ons voorvaders se rus en vrede verwelkom.
Met bloed van verwoerd het die wit skuim en die skim gesien hierdie paradys is vir hulle baie goed en met 'n spieel en versteekte dolk en drank
agter die kraag
ons"primatiewe volk" se gehee
sistematies
vertraag, belieg, omgekoop
verslaaf
verkrag
vermoor
ultemiet
ook
soos 'n dwaas
heeltemal
verplaas.
.
Die son skyn oor die more
van ons mense terwyl die mis
stilletjies uitbeweeg oor hierdie
onrustige waters, honderde jare
van marteling kan jou brein so
KONDISIOENEER,
om te luister na die valse profeet wat vir jou
dan!!
met
hulle leuns
BEKEER
en
REGEER.
Skrik wakker my mense
dit het tyd geword
om braaf terug te veg vir ons
EER,
want "hierdie pyn"
is van ....lankal af
SEER
.
Jy is eintlik sy baas
Dit gaan oor waar jy jou kruisie plaas,
BRUINMENS
stem!!!
EG
hierdie plek gewaarborg
deur geskiedenis
is
eintlik
JOU
  geboortereg.

— The End —