Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Arian Nov 2017
Is liefde ñ keuse
of is liefde ñ gevoel
En *** moet ek dan voel om liefde
te voel...

So sê my
is daar iemand vir my bedoel
of is liefde
net nie vir my bedoel

En het jy dan al so gevoel
Want miskien en net miskien
is ek
en jy
vir mekaar bedoel
nie deur keuse, maar deur gevoel...
Want die more bring die goue
die nuwe , hitte , dag
en wind wat deur die takke skeur
die dood wat huil ;n kind wat lag
en twyfel sypel deur die huurglas
soos tik , of sandstorms
bring die tyd ook wroegings
van interne euforie
en donker oorskry die norms
geen meer swart en wit
geen meer ja , nee
reg, verkeerd
ek weet nie
ek weet nie meer nie
elke dag bring heldersiendheid
met eerste oogoplsag
maar elke more twyfel ek
terwyl Janus vir my lag...
terwyl 'n amper skynbare keuse
op 'n defnitiewe antwoord wag

— The End —