Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
My bed verlang na ewewig
En kantel as ek lê, My arm kweek ń
onwrikbare
Verlange na ń glimlag wat
Daarteen druk en Selfs nou en dan
Speels byt.
Die ysere
Koue wat
Dwing om
In my oop
Arms te
Kom rus.

My kat spin hard op my bors,
Duidelik in haar skik met die
Wete dat sy,
vir nou
Op jou geresserveerde kussing
Kan lê
En met
Daardie
Wete
Verlekker
Sy haarself
In my
Ellende

Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my
Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly
En giggel
Want ek
Wag vir
Iets wat
Dalk nie
Kom nie

Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie
Van dromme
Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog
Meer leeg
As ooit
Tevore
En sou
My contact
List net
Soos my bed
Geraak het...

Die wind wat deur my hartskrake seifer,
Fluister jou naam
En flankeer met
My gevoelens....
Hiers ń spasie oop
Spesiaal vir jou...
Mnr _.

-ń tipofrafiese voorbeeld
Van digterlike vryheid
Verwar vir menslike
Eensaamheid...
Blom In Blou Aug 2020
Ryk in maniere
wat nie gemeet of
Maklik bepaal kan word

Oorstallig
Rustig
Tevrede

Ryk daarna uit
Na ander oorstelp
Wat nie kan help

Bedroewig
Mismoedig
Begewe

Deel gerus jou harts lied
Sing vir dié in droogse donker
Belaai met verdriet

Vrylik
Lieflik
Begeeflik

Herinner hulle heimlik
Hul oorvloedige innerlike erfstuk
Skink 'n heildronk op die Heilbron

Bespoedig
Begeerlik
Begiet

Buig saam die kop
Ontvang die Heilse heet
Verborge net as jy vergeet

Ligweg
Verhewe
Belewe

Stap dan heelhartig helder
Koester elke kosbare tree
Destinasie onbepaald ewig verder

https://blominblou.weebly.com/blog/skatlik-ryk

— The End —