Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Blom In Blou Jul 2020
Genadig
Gedagte soos sleutel
Weldadig
Woord soos deur
Daadwerklik
Daad soos huis
Kan oopsluit en beskerm
Verryk of vang
Na aanleiding van
Die inherente
Jou intensie se omvang
Lee Jul 2020
Nogsteeds sit ek hier
Onder die puin van gister
My hart en gedagte
n opoffering vir jou
Om vir jou gelukkig te wees
Ek het geweet
Dit gaan my sou vermoor
Maar vir jou moes ek dit doen
Nou net 'n skaduwee
Van Wie ek was
My familie verloor oor wie ek is
*** kan ek aan gaan
Maar ek moet
Vir die mensdom
Vir die herinnering aan u
Ek sal opoffer wat oor is
Want dit is geen manier om te leef nie
As 'n holle dop hou ek jou tot aan die einde
Ek was so lief vir jou, so ek moes myself opoffer vir jou geluk, 'n Geluk wat ek vir jou nie kon gee nie

— The End —