Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
 
Siska Gregory Dec 2016
Sometimes I wonder at life…
The grandeur, the splendor, the tender loving care it’s given like the rain that falls, the sun that glows, the wind that blows.
The sea that rolls, the moon that decides the tides, the rivers that flows from mountains to rocks which ends up down in the valley with so many others who depends there on.
All in all there is a cycle to life that’s vital to all big or small we cannot run away from it…
Meaning life is a beautiful way of showing kindness to all, the man on the street, the bird catching the seed or just helping someone in need.
Sometimes we need to be thankful for life even with bumps and dumps; we are alive to strive for yet another day. 2016/01/26
Siska Gregory Dec 2016
n Moeder het ek al gedink is  wonderlikste skepping op arde.
Sy vermaan, verstaan en dan bestaan net oral en die hele tyd gereed om te vergeet wat ek altyd verkeerd doen.
Sy othou die goeie met soveel soenne en drukkies en help altyd met die en met daaitjies.
Haar hart is skoon en woon in n plek wat my hart genoem word en sal altyd myne bly. 2016/01/09
To the best momy ever...
Siska Gregory Dec 2016
Here gee my krag elke dag.
My pyn wil nie verdwyn.
My hart raak swaar want die jaar is net nog een van baie waar ek uit roep na U om hulp.
U genade is groot en ek glo dat U n plan berade het om my pyn te laat verdwyn.
My lewe is in U hande en ek weet U sal my bande los maak en my vry laat loop oop in n lewe van liefde en vrede.
*** wonderlik die oomblik van geen pyn, my gebede beantwoord en die pyn het verdwyn volmaak aan geraak en geseen deur n genesende hand van bo.
Be as strong as you always are. God knows best
Siska Gregory Dec 2016
Tot die dood ons skei… so berei ek my toe voor… vir n lewe saam met jou my ou, jy is my hero.
Jy is my alles en dit sal jy altyd wees.
Jy is my steun pillar, my altyd daarm my lewe en my vreugde.
Vir my is jy n vriend wat net die beste verdien.
Jy is sterk, gevestig in jou werk om vir my te gee vir wat ek altyd nodig sal kry.
Jy is my krag en ek weet ek verwag altyd te veel van jou, maar tog spog ek met n man van staal.
My hero, die ou vir wie ek lief is…
Dis jy… en vir my sal jy vir ewig en vir altyd bly. 2016/01/19
To my hero... i love you always
Siska Gregory Dec 2016
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak.
Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte.
Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere.
Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het!
n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel.
Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
Siska Gregory Dec 2016
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison.
Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het…
Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid.
Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien.
Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae.
Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms…
Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae
Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
Siska Gregory Dec 2016
Daar is n lieflike gevoel in die wind.
n Gevoel wat bind, n gevoel wat sink, sink diep in n mens se hart in.
Hy praat met n mens soos n boek, n bladsy wat vertel van die Goddelike wind...
So gaan die pad voor mens oop en raak gou vol hoop van goeie dinge wat voorle.
En so verlang mens dan na iemand, iemand ver, ver weg en seg in jou hart:
“Die lewe is soos die wind, die Goddelike wind wat verbind van een hart na n ander”.
Want die waai deur mens se hare, die gevoel van koel, maar warm teen mens se wange en die verwaai van gras op plaas paaie is wat ek noem die Goddelike wind, wat bind… van een hart na n ander. 2016/01/21
Inspired by my dear mother...you are the best
Next page