Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member

Members

Emma Livry
19/F/France    Le papillon est en feu, mon cher.
Eevry Louis

Poems

Siska Gregory Dec 2017
So ver ek loop ruik ek die droogte, die son se gebak, maar ja  ek loop met gemak, al vinniger en vinniger die pad langs.
My droom het waar geword om n ver pad langs te stap en te gesels, met wie anders as met myself, die wind, die vertes en die mindere gebergtes.
Die wind waai om my heen, dit kreun en steun, maar dit leen my n tyd vir alleen wees in my gedagtes, ag daar is net geen klagtes.
Soos ek stap lag ek klip hard want my hart voel so vry, so vry soos die wind wat my verby kry.
Dan haal ek die wind weer in en sing n lied van blydskap teenoor my Heer, my dapper Held en stap Maat.
Soos die dae verby gaan en die vertes nader kom, verstom ek my aan my hart se gejubel van blydskap en geluk.
My hart is vry so ver soos die oog kan sien, ek loop in vreugde en gemak, dag na dag  in n natuur so hard maar tog so sag.
My hart smag na my liefde, die maat van my lewe, so ewe te vroeg weg gevat, maar stap, stap hy saam en ons hou net aan en aan tot ons weer by mekaar gaan staan in n veld van omhelsing en blye verwelkoming, hand aan hand net aan die Anderkant.
Ja my hart is vry so ver soos die oog kan bedui.....
2017-11-08
Aan my liewe moeder wat n pad gestap het, hare drome waar geword het. Ek is baie lief vir mamma
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan
en die nagprag te aanskou met digters-oog
wat 'n ster van elke mens wil maak
en elkeen wil bekoor, maar
selfs al span ek al my mag in
is daar een ster hoog verhewe...

Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon ,
oe betowerer deur die vuur
andag gestrek deur die ganse heelal
- orals behalwe hier,

waar ek soos 'n straatbrak honger kyk,
aan die voete van 'n ster
*** almal bietjie aandag eis
*** almal van jou kry
maar ek soos 'n een aand wonder
uitteer aan jou droewe stilswy

My slapelose nagte
maak my van die drome vry
want in realiteit, al kyk ek vir die sterre,
kyk hulle soms verby.
Albatros , albatros
verstik aan my tong
, begrawe geheime
agter die bitterbessie bos,
Waar my geliefde swaai
aan stilswy se galg.
Weenlied van die Albatros.

Ek wortel my moed
in rooigrond en klei
, maar berre my binnegoed
in n blinde man's boek.
Wees vry , wees vry
jou sondes bely
, maar stommemans kreet
oor die liefdesoek.

Albatros , albatros
skree in die waak.
Verslenter jou naam
in die buurt se stil slaap.
En die wraak van die
doodstong sal
jou nietig verlaat.
Deel jou bitter bessies , want
dit was gister reeds te laat.