Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Apr 2023
Skryf poësie in die sand
Dis altyd soeter deur jou hand
Sien *** die letters smelt as die gety inkom
Dis nou te laat om weer huis toe te kom
Kom ons hardloop in die nag
Wilde harte is op jag
Vasgedruk hier in mekaar se arms
Lê ons veilig, bly en warm

Ek wil jou vra, kan ek soen jou op die bek
Soos ons gedoen het toe ons nog verliefdes was
Om vriende aan die einde van dit als te bly
Was wat ons wou, maar dit gee geen vrede nie
Elymaïs
Written by
Elymaïs  29
(29)   
181
 
Please log in to view and add comments on poems