Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Feb 2010
Met jou patetiese pantomiem teen n God wat jy haat
verkrag jy harte en bevestig sy bestaan.

*** seer voel jou vuiste as jy slaan na die wind?
*** groot voel jou ego met die roem wat jy vind?

Swakelinge swig soos skape voor jou opstand en hype
Jou talent is verduister in verganklike tripe.

Jy is nie die eerste of laaste wat laster,
wat liefde verloor met die haat wat jy koester.

Ons is almal maar net wasems wat verdwyn in die mis
tot verniet gaan ons woede en onheilige twis.

Daar is nog genade terwyl die son skyn
om omkeer te maak van die krakende pyn.
Cry Sebastian
Written by
Cry Sebastian  Hanover
(Hanover)   
Please log in to view and add comments on poems