Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
 
In die asemdroogtes van die nag
Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde
Wat ten laaste my hart van dolomiet versag

Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand
In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord
En die gevoel van jou hand in myne

In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele
Waarin jou beeld in elke kamer pronk.
Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade
Waarvoor ek self nog swyg

Ten slotte:
Ek smag na jou...
-kammeraaddkap
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien...
Honderd...
Duisend...
Maar dit bly ritmies klop
Onder my koue palms

Ek berê my asem in die verlede
Waar dit vermoedelik
buite jou bereik was
...maar ek het jou vermoeëns onderskat
En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid

Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes
, maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop

En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees
, maar hoop jy verstaan...
Ek hoop jy verstaan
Die waarheid

In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil

Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd

Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees

Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart

Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...

Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel

ja...

*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal
Gister se tragedie
En tranedal
Skuil agter vandag
se hartseer verhaal
Ja gister se monumentale prag
Lê aan vervalle en ondermyn Sy gesag

Vandag se kuns
Bewys geen guns
Aan die brandebde hande
Wat swoeg om hul wins

Gister se weenlied neurie dit sag
Ontlok vermaak uit die jeug van vandag
Ek het jou verloor tussen die lyne van my eksamen blok...
Jy was die orde in my
Lewe, die yin
Van
My yan....

My tipografie is
A
F
Want dit was jy wat
My met
Grense ingehok het
En my weerhou het
Van die eindelose hartseer
Wat in vryevers
Verskuil lê...

Maar ek het my eksamenblok
En jy het jou lektor wat
Veg
Vir die aandag wat by hom moet wees
, maar gemors word
O
P
Mense
&
Dinge
wat jou verlei...

Ons laatnag gesprekke
Ons saamlag-
Saam sing-
Saam huil-
Saamwees-
-sessies probeer vir lewe en dood klou...
Maar In die tiktak van
Die horlosie verdwyn
Die laaste bietjie van jou...

Jou ure is nie
Meer dieselfde as
Myne nie...

En die beelde van jou
Is nou slegs
'n goeie herrennering
En 'n hartseer what if...

Totsiens
Sprei jou vlerke
My struikel-kind
, want die berge se rante
Steek skerp teen die wind

Vlug vir jou onskuld
Vlug na die son
Vlieg weg van Gamora
ontsnap van *****

Vlieg ver oor die wolke
My struikel-kind
Daars ń storm wat broei
, maar hou jouself blind

Want sere en blase
Word gou-gou weer heel
Maar geen pleister plak toe
Die letsel van ***
Honger hande neig
Om jou kinderlikke onskuld van jou af weg te steel...

Sprei oop jou vlerke
My struikel-kind
Want die berge se kranse
Hang laag in die wind
Kruip weg vir die hande
Wat jou wil verslind
En keer terug na jou kinderdae
Om jouself weer te vind...

Liefde...
Van ń kaalvoet-kind
Dig silwer linte dans na die maan
in wolkpluime wat na die strerre toe maan
ek is weer hartseer
weer stukkend
gebreek
daarom nog 'n siggaret toestaan
an my mense bestaan

ek beaam my met die kwale
van 'n ongebonde wereld
wat pleit om liefde en genade
wat soene soek in suikersoet
wat drome droom so swart soos roet
wat binne die lyne bly
en so ook verlossing by hul neuse in lei

want meisies is net slette
as hulle saam die verkere perd saal
of die slippie laat val
na hul vir die aborsies betaal

en seuns is net moffies
as hul sukkel om 'n rugby bal te vang
vergeet van die agsteman wat gretig
na die flank se balle verlang

vloek en laster bring God se toorn
werk an jou eie vokken balk en los my doring
dalk is jou masker meer heel
as die van my...
maar met elke krakie...
is ek darem 'n krakie meer vry
- as jy
Next page