Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
 
5.9k · Jul 2014
Maak liefde in woorde
Was dit my sonde
om te droom, te wens?
Was dit wreed om te
verwag dat jy my
iewers in jou soet
woorde sou vind?
Kyk ek dalk na jou
met die oorhoofse
afwagting van 'n kind?

Sal jy met sjarme
my kan vermaak of
is teaterkuns
'n masker vir jou haat?

Ek smag na jou taal,
jou moedertong in
my uitgehongerde mond.
Oh die beeld-
wat ons
met sulks silwer stem
kan skep!

*** sal jou brief my vind?
Sal daar 'n tuin ontstaan
as ek jou antwoord naslaan?
Se jy sal bly, net vir my!
Se my brandewyn asem
het jou inner kind bevry!
Se net jy is lief vir my-
en ons sal saam
die tonnel-oog wereld
met soet liefde en
dronkmans woorde verlei.

Skryf saam met my in
hierdie silwertong,
en kyk *** die wereld
in afwagting verstar.

Die liefde wil blom
wanneer twee skrywers
bymekaarkom.

Die wereld raak nat,
met die geuiter,
van ons silwer tong.
5.5k · Jun 2014
Rooi lig liefde
My hart klop groen vir groei
en ander goed
en pomp van hormone
en suurtof ryke bloed
dit was liefde
met eerste oog opslag
dis net jammer my oe staar blind
teen die mes in jou hand
wat op my kaal rug wag.

Dis 'n gan an soort klop
die go-ahead van my kop
die alles sal reg wees
in jou glimlag
jou oe die mandaat
van 'n regte terg gees.

en ek gaan vir die groen
en silwer en goud,
vir al die goeie goed
vir die land sonder fout.

Maar my hart is die
Andries Hendrik Potgieter
van my boere bloed
wat waarsku teen jou
met alle moed.
My heldersiende hartklop
wat my weg probeer lei
van nog 'n ou grappie
en nog 'n bietjie seerkry.

Nou klop hy rooi
hy klop bloed
hy klop stop.

Maar soos 'n GP kar
vermy ek die tekens
in my haas vir jou mond.
Voel die lem deur my ribbes gly
dood, nog voor die grond.

en my hart, wil lag,
maar skree verwoed.
Nou kook die boerebloed!
Jou simpel, jou wetter
jou bogsnuiter kind!
Snou my hart my toe,
nou is hy stil en
gee my die silent treatment.
5.3k · Dec 2014
Amor, Amor!
Opgedra aan ‘n kind  wat gebliksem moet word.
Deur: Desperaatheid en vrees

Jy klim in en uit die ***** van bestaan,
beide die rede vir liefde en
die kind wat sy baar.

Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings
, want wie kan regtig liefde
in ‘n enkel sin verhaal?

Geminag , die seun van liefde en haat
- jou einste bestaan ,van die vroegste
paradoksale meesterstukke.

Verewig , verewig tot ‘n kind
tussen die Groottes wat
blindlings onder jou boogpunt swik.

Vir elke nasie ‘n ander droom
Vir elke geloof ‘n ander naam en
Vir elke mens ‘n ander god.

Amor , oh Amor!
Die sinnebeeld van liefde
wat die mendsom verbly

, maar Eros jou ramkat
jou hupse hygelbek!
Jou erotiese aanraak!
(die begeer ek)

En ek?
Met my koker van lig en van goud,
wat hulde blyk en bou en bring
maar bestorwe le voor my Laurel
oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing!

Amor, Amor word wakker!
My son le liefdeloos in my bros hart
, wat instaan teen logika
– sterk op die oorlogspad!

Jy wat na my heuning reik
-met honger hande vieslik gryp
en ek wat jou met angel steek
in desperaatheid jou nat vel breek…

“Oh moeder”, roep die wetter na bo
vir die planete om aan te ****:
“Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur,
“ *** kan so bietjie , so klein – so seer!”

En die heumel druis soos die moeder lag
haar humor eg , maar haar woorde sag:
“ My naakseun, my hinksperd
My fallus met vlerke!
Jy ,nog ‘n roosknop.
gaan ook so te werke!
Aanvaar die poëtiese justitie
Stil nou liefstetjie
Lamtietie Damtietie …”

Amor, Amor!
Weerstaan tog skoonheid se wieggelied
en wees my genadig!

Begunstig my ten einde laaste
, selfs vader tyd is verveeld
met die son se enkelpad!

*** lank nog wil jy sluimer?

Amor, Amor!
Tel weer op jou leisels
en bring liefde op die wind
my wereld lê in afwagting
vir die dolfyn en sy kind!

Wees my genadig, Amor!
Deurboor my leemte met goud,
,want die bringer van lig is slapeloos
en my hart is droewig en koud.

Oh Amor, Amor!

Ek weet jys nog jonk,
maar *** speel jy dollos met lewe se vonk…

Amor, Amor!

Word wakker!

Amor…
Vir die liefhebbers van die Griekse- , Romeinse mitologie en aanhangers van Eros...
DIe pleidooi van almal wat valentynsdag haat... geniet die epiese klagbrief aan Amor!
5.1k · Apr 2014
Digterlike liefde
Jou intrieke detail
En fokus, riem deur
Jou werk soos are...
En ontmitologiseer die
Twyfel rondom ń
Onbetwyfelde meesterstuk...

Jou woorde is die huid
Van ń poëtiese mens
Wat sy stem verhef
Oor die onbenullighede
Wat my begaan , en
My fyn moed,
So breekbaar soos ma
Se porselein goed...

Raak jy verlore of
Raak jy aan my hart.
Raak jy dalk moeg
Vir die bleeksiel wat
Vêr verlore raak in jou
Oneindige insig.

Want jou woorde spoel
Oor die blaai in ń
Vloedgolf van misverstand,
soutwater smart streel
Jou alliterende liefde
Wat verby my rym...
Ons was nog altyd ń klug.

Verlief op ń digter.
Onbenullig, die metafoor.
Tussen die lieflike lyne
-Sal ek myself verloor.
4.6k · Apr 2014
Geweërde liefde
In die asemdroogtes van die nag
Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde
Wat ten laaste my hart van dolomiet versag

Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand
In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord
En die gevoel van jou hand in myne

In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele
Waarin jou beeld in elke kamer pronk.
Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade
Waarvoor ek self nog swyg

Ten slotte:
Ek smag na jou...
-kammeraaddkap
4.1k · Jun 2015
Gebroke rym
Is moeilik om te begryp,
en nie rerig mooi nie.
Dis 'n spoegspat soos 'n herrie-
'n gemmors wat langs die kar staan en bedel.

Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog
verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine.
Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes
en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig.

Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar
'n metafoor. Vir wat? Se jy my!
Jy wat my analiseer en dissekteer...
want daar is geen meer sterre wat pyn nie,
die woorde wat rym ennie
ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry
in my agterkop waar dit donker is soos
'n land waar hoop 'n feeverhaal is.

Dis te donker om nou te rym,
maar te donker om in te hou...
so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit
en bloei nonsens-ink op die blaai.

Aan die einde is dit nie net die gedig nie.
Dis die ganse wereld wat rym.
Elke herrie en spoegspatter
elke gerookte ster en hartseer kokkedoor
ek , jy - ons almal is 'n gedig.
Ons almal rym...
ons is net te moeilik om te verstaan
en nie altyd mooi nie.
3.6k · Oct 2013
Vroegoggend smart
En soms in die vroee oggend ure **** ek steeds jou stem...
wanneer ek sukkel om te slaap,
                                                                ­                                 maar my lyf deuretrek is van moegheid
                                         , voel ek nog jou sagte aanraking.

Dan ***** jy by my soos die neurie van 'n lang vergete wiegelied in die agterkop,
                                                       ­              of
die weergalming van ons gegillende stemme deur die lang gange van die lewe...

dis dan wanneer die hartseer my tref.
Dit vul die    l e e m t e s     wat gelaat is deur die    s p a s i e s     waar jou vingers altyd so
                perfek
                             In myne gepas het,

in die dooie gevoel,
oor al die plekke waar net jou aanraking
                           soms
genoeg was om elektrisiteit op te wek
                                    wat my nog vir weke speelvol geprikkel het.

Dan vorm dit saam in die [kamers] van my hart,
     waar jou n.a.a.m,
                                    jou < liefde 3
                                                         en jou ~legende*
vir altyd sal bly

... en stroom deur die vensters van my siel...
sodat ek weer 'n gesonde uitkyk op die lewe kan he.

Soos 'n magtige rivier
     loop dit by al die voue af,

       maar altyd met grasie...
en ek huil
3.5k · Oct 2014
Sterrekyker
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan
en die nagprag te aanskou met digters-oog
wat 'n ster van elke mens wil maak
en elkeen wil bekoor, maar
selfs al span ek al my mag in
is daar een ster hoog verhewe...

Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon ,
oe betowerer deur die vuur
andag gestrek deur die ganse heelal
- orals behalwe hier,

waar ek soos 'n straatbrak honger kyk,
aan die voete van 'n ster
*** almal bietjie aandag eis
*** almal van jou kry
maar ek soos 'n een aand wonder
uitteer aan jou droewe stilswy

My slapelose nagte
maak my van die drome vry
want in realiteit, al kyk ek vir die sterre,
kyk hulle soms verby.
3.5k · Oct 2014
Million-miles awayers
Jou boodskappe die sonstrale
wat elke nou en dan my dag wil maak
en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom
maar gee lig en lewe in my donker wereld

al is jy miljoene bietjies weg van my af
is jou liefde n warm drukkie wat ek
moeiteloos in elke donker nag
om my bang lyf kan vou

jy wat agter die horison jou eie horison sien
en dalk self die maan met my deel
,van n ander kant af,
dra ek na aan my hart...

soos n tietie sonder nippels
of n bangmaak boek sonder sy stippels....
is my lewe net plein
en puntloos sonder jou.

Jy is my duisend-myle-weg
, maar altyd daar,
chill-jou-guava maaitjie
wat my weghol hart bedaar.

Familie buite stam en bas
bloedloos dalk , maar hegte vas
grenslose vriende oor die wereld heen...
God se grootste seen.

- aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle.

Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
3.1k · Jun 2014
Ek wag vir die trein
Dis stasie was stil
en donker gelaat.
Die nag kwyn in lig
en die dag kry sy wraak.
Die spore le koud
verdwyn op die horison,
en ek wag vir 'n stoomtrein
wat nooit sal kom.

Karre jaag die lewe
in die stad duskant die spoor aan
en 'n sateliet voer ons inligting
vanuit sy ordinere wentelbaan,
maar ek verspeel my tyd
deur hier langs die spoor te staan.

My soeke vir liefde
was waar liefde ontbreek,
soos om te wag vir 'n stoomtrein
of om vir kos te smeek.
Ek soek nou vir liefde
op die verlate stasies
van die vandag se tyd
, maar al wat ek kry is 'n taxi
en die wereld lag my uit.

Ek wag vir my trein.
Ek wag vir jou.
2.8k · Jun 2014
Sentrale gemors
Ek kyk na die wiskunde geletterdheid vraestel
wat uittartend voor my le en skreeulag.
Elke vraag is nog 'n klap in my gesig
nog 'n uur wat ek in 'n warm stort moet gaan sit
om myself weer moed in te praat.

Ek het lankal reeds al die stetoskope
van my kinderdrome ashoop to gestuur.
Die laaste bietjie hoop uit my onskuld gekerf
toe hulle se dat ek die masjiene moet afskakel
en vir my spieel gaan se, dat ek dit nie gemaak het nie.
"Gee eerder op" lui die pedagoog se kreet.

"Jy hou ons terug seun" , vertel jy my
"as jy nou nog nie verstaan nie, sa jy
ook nooit nie. Gee maar op."
Ek was eers die boogseun.
*** verder jy my terug getrek het,
*** vinniger het my pyl op die teiken
af gestraal...
Nou is ek die rekseun... ek hou jou terug
en as jy trek, breek ek.

Jou ekstraklasse was te duur gewees,
ek kon nie my wiskunde angelegdheid bekostig nie.
Ek moes maar terugsit en kyk ***
ander skole met onderskeiding by jou deur uitstap.
Ek kon ongelukkig nie bekostig om slim te wees nie.

Onthou jy toe jy op daardie koue wintersdag
verby my gejaag het en my verskree het
oor die missie en serpie wat my net
aan die lewe gehou het?
Ek is jammer dit was nie jou kleur nie,
maar probeer verstaan...
ek is nie 'n onderwyser nie.
Wanneer jy huistoe kon gaan
moes ek my studentlike pligte uitvoer
en tot laatmiddag by die skoolbly.

Ek is jammer dat my ma werk.
Dit is tog so ongeskik van haar.
So selfsugtig om kos op die tafel te probeer sit
en so my verhoed het om aan sport deel te neem.
Ek weet tog *** belangrik sport vir jou is.
Jammer ek kon nie 'n meningvolle bydra
tot jou donnerse sportregime maak nie.
Jammer ek was 'n nuttelose suurstofdief
, soos wat jy my genoem het.

Eks jammer ek kon nie my punte
bekostig nie. My handgeskrewe take
en spoeg-en-plak plakate was 'n
vernedering tot die vlekvrye mamma-pappa-take.
Linte was in die mode.
Linte en ander oulike beursie plukkers.
Jammer dat ons beursies
leeg was, maak nie saak *** ons
daaraan prober pluk het nie.

Jammer dat ek nie man genoeg was
om myself te beskerm teen nege honderd seuns nie.
Dit is skandelik. *** kon ek so swak wees
dat ek nie eers nege jaar se "ou grappies"
kon aflag nie. Jammer dat ek dit nie snaaks vind
as daar op jou geurineer en gespoeg word nie.
*** kon ek nie lag vir die hilariteit van
asblik skroot , soos kougom en gemifde brood
in my tas en pennesakkie nie.
Ek wens ek was nie so swak nie, dan kon
ek ook dalk myself teen die 14 seuns beskerm het.
Jammer dat hulle my so maklik kon oorweldig.
Jammer dat hulle my kon teister
en rondgooi soos 'n vloerlap.

Ek vra nederig om verskoning,
dat ek daaroor kom kla het.
Meneer is reg, ek is 'n sussie.
Net 'n moffie soos ek sou
kom kla het. Jammer om meneer
se tyd so te mors, dit was verspot van my
om te **** meneer sou iets daaran doen.

Nou is ek ietwat geskend. Menere
en manne het al gesweeptong en asyn
op my kaal rug.

Nou sit ek Sentraal in die kakstorm
en jy wonder hoekom ek nie meer
onder die top 20 is nie.

Nou sit ek hier onder tussen die wiskunde "Jee"
vraestelle en huil.
My enigste vertroosting is dat ek nie
heel onder is nie, en dat jy die hell is
waaruit ek nog sal opruis.

Ek breek vry van agter die tralies.

Geagte skool
Gerespekteerde meneer
Vok jou
en moenie laat jou mislukkings jou
op die gat skop as jy by die deur uitloop nie.
Want hierdie "mislukking" ... skop kak hard.
2.8k · Apr 2014
Vrou van die nag
Haar hoekkantoor
In elke straat
Elke gulsige kliënt
Ń vark, n vraat
Besig om haar naam te maak
Die vrou van dir nag
En haar eenmansaak

In die oggend skrop
Sy , staalwol
Skuur glad
Teen haar tenger
Figuur maar blou
Passie versier en
Versuur haar wese

Dis nie moord nie
Dis nie dood nie
Dis glad die reg nie
Dis sonde , ellende
Haar bedoelings
Was nooit sleg nie

Haar troos is min
Haar teespoed swaar
Haar siel verkoop sy
Vir ń appel en ń ui
Want wie kan ń prys
Op die liefde sit

Sy tel haar winste
In trane en seer
Die geld is ń bonus
Het sy beweer,
Want die vrou van
Die nag, kort ook ń soen
Sy werk vir liefde
En tot die oordeelsdag
Sal sy dit bly doen...
2.5k · Mar 2015
Geluk in-diepte (uit)
Wat skryf die hand?
Wat skryf die pen?
In 'n kunste swyg
wat ek so goed herken.

*** loop die sinne
uit in 'n meesterstuk,
wanneer die muse
aan my stiltes verstik?

*** skep ek weer skrywes
wat mense laat wroeg,
sonder die hartseer
en met al hierdie moeg?

*** laat ek my digters tong
luiters in die oopgraf in
met 'n hand vol liefde
raak my siel weer blind.

Waar kom my ritme en passie vandaan
, maar beter nog, met die koms van geluk
... waar het dit heen gegaan?
2.5k · Oct 2013
Ellipse...
Mirror, mirror on the wall
how many times do I still have to fall
how much pain must I take
how much smiles should I fake
with my heart at stake...

My story is a tragedy
written between the lines and the creases
words lost, somewhere in the confides of time and space itself

the paper is my skin,
bare and ****, warm to the touch
radiating heat and pulsating the residue of passion

the ink is of my own ,
brought forth by my raw emotion
tasting of salt and copper...

and somewhere in the background
, somewhere between the faint distinction of blood from tears
there my soul still lies in wait

My ending is not happy
nor marriage
nor fame

My cure is not love
nor is it the touch of lips
I have no happy ending..
instead, I end in an ellipse....
2.4k · Jan 2015
Red my
En wanneer hou ons piekniek op die maan
- daar waar die son nie meer skyn nie,
kan ek jou donker toevlug wees
as die dag se hitte steek?
en sal jy 'n skadu gooi
oor my en my lieflike hart
ons kan saam met strome swem
as die branders oor ons breek.

Voor vrees jy weer oortrek
en my noodloos in die noodlot agter laat
in 'n eensame straat, van drome
en ander herrennerings wat by my *****
van liefde en so ook my verlede
wat jy veronderstel was om te tem.

En in die gaap van stilte tyding
waar die wysers ons vermy, sing
ek my eensaam lied en vra vir jou...

**** jy die golwe huil vir die koeelronde maan?
Sien jy die spore op die strand?
Waar vat die pad van verdwaaltenis my,
anders as na Jonker se hand.

Vanaand is ek verslae.
Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre...

sal jy my wolkombers wees
, my glimlag pille vir kersfees,
want ek is dalk te arm
, maar ryklik met jou geseen.

Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei
want my hart is reeds verweer
, keur my voor ek ook
in die see uitbloei.
2.4k · Feb 2015
Die vel religie
Daar was g'n tyd vir bybelversies nie
, want die brood van lewe was te duur
En wie wil nou regtig wag om ring
As die manne vir jou hoogliedere sing.

Aan die begin was daar niks nie
Maar hyt gepraat met sy hande
En toe was daar lig en oh die gode
Dit was goed! Dit was goed!

Maar hy was aleen in n wereld met als
En almal was sonder naam
, toe hy sy laaste een gee en ek
Deur bloed en been vir hom geskep is.

Dit was goed, dit was goed
En ek huil snot en trane van seer
Maar die appel proe soet
Of jy hom in die hemel of die hel hap...

Jy is die fontein van lewe,
Ek drink van jou en raak dors
Vir meer as net een aand van sterrevolg.

Mag ek dronk raak op jou wyn?
Of is jy my een reeds voor!?

En ek kan.nie kerk toe hol nie
En die Bybel vloek my skel
Want jou lyf voel soos die Hemel
Maar Hy se jy is die Hel.

Mag ek langs jou bed op kniee neersak
En jou hand in myne neem??
Kom ons raak besope...
Genoeg om liefdesliede
vir mekaar te kreun.

More bid ons om vergifnis
En vergeet wat sonde is
Tot die vlees te veel begeer
En die lewenslig so bietjie blus.

Dit is *** die liefde werk,
Dis my lewe dié
Die struikelblok wat my versmoor
Van n vel religie.
2.4k · May 2014
Proses van besef
My kinderjare was
Soetsappige drome
En ek het weggesluimer
Agter suiwer onskuld,
Met ń krag van geloof
Wat my oortuig het dat
My God ook jou God is...

Dat elke pad ń onnodige
Veiligheidsgordel verg
Dat elke beursie ń oneindigheid van R20
Note besit het en dat
Elke graf leeg was na die derde dag

Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde
Uiltjies knip wat my
Tot die meerderheids
Besef van addolosensie gebring het.
Selfs al het ek teen ń
Eksponensiële spoed
Ń volwasse begrip ontwikkel
,Was my redenasie oor die
Hiernamaals nog vaag
Met slaap in die oog

Eers toe daar een
langs my Val
En tien aan my sy
Het die drakoniese deun
Van die doodswek my
Uit my snoesige slaap geruk.

Met elke groef wat nuwe
Paaie teer vir my trane,
Elke silwer randjie wat
Lostrek van die donker wolke
En op my hoof kom rus
Soos die koue staal
Van ń koningin se swaard
Wat my inlyf in die
Sidderende realiteit van grootword en lewe

Nou is die droom verby
Nou staan ek op
En vrees om plat te val...
Ek oes en saai
Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai...
Nou word paaie ń lang gebed
Ter beskerming van my hart
Wat ek so maklik uitdeel
En beursies ń kommoditeit
Wat skree van die honger
Soos die mense van ń land
Wat al sy geloof verloor het...

Nou brand die sand my voete
En die seesout droog my vel...
Nou word wraak ń amp
En liefde ń kombinasie
Van gifte en giwwe
, maar ek sal nooit weet
Wanneer is dit wat nie...

Nou word lewe ń gebed.
Ek het ophou my
Kinder rympies sê,
Nou bid ek pynlik swaar
En hoop dat God
Nog genade vir my en
vir jou Sal hê

Amen
2.3k · Apr 2014
Ode aan my land
Die môre groet jou met ń nat soen
En ontplooi haar goue gloed
Oor jou fynbos en Olifants-oor
Die wind ween oor die rykdom
Wat jy deur jare van sweet en bloed, vir jouself terug geëis het
, maar streel deur jou grashalms
Met die harmonie van hoop wat deur jou are pols...
Pols, wanneer 4x4 en ossewa spoor oorkruis!

Hier timmer jy aan my
- lê die hoeksteen van ń graniet gebou

Ek sal strewe om jou te eer.

Suid-Afrika , ń ode aan jou.
2.3k · May 2014
Vrou van die nag
Haar hoekkantoor
In elke straat
Elke gulsige kliënt
Ń vark, n vraat
Besig om haar naam te maak
Die vrou van dir nag
En haar eenmansaak

In die oggend skrop
Sy , staalwol
Skuur glad
Teen haar tenger
Figuur maar blou
Passie versier en
Versuur haar wese

Dis nie moord nie
Dis nie dood nie
Dis glad die reg nie
Dis sonde , ellende
Haar bedoelings
Was nooit sleg nie

Haar troos is min
Haar teespoed swaar
Haar siel verkoop sy
Vir ń appel en ń ui
Want wie kan ń prys
Op die liefde sit

Sy tel haar winste
In trane en seer
Die geld is ń bonus
Het sy beweer,
Want die vrou van
Die nag, kort ook ń soen
Sy werk vir liefde
En tot die oordeelsdag
Sal sy dit bly doen...
2.2k · May 2014
Kuikens na 'n oorlog
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling.

Dit maak seer mamma...

Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere.

Dit maak seer mamma...

Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee,
Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening...

Dit maak seer...

Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie...

Een skoot
Twee skote
Drie skote
Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms...
Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit...

Dit maak seer...

Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe...

Eina...

Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie...

Dit maak seer mamma...
Koebaai
2.2k · Dec 2014
Droee verlange
Dorslip en droogkeel huig ek
in die donker van terg gees middernag
vir die soet nektar name
waarna hierdie barslip hunker.
Skimletters vorm elke klinker
net so ryk soos 'n paar gisters terug.
Pype weerhou om die klank deur te laat,
wat finaal n skerwestorting bring.

Is ek aan n groter soeke om woorde te smee-
wat getuig van verlange en ander leed
,of aan jou invloed die pryseer te gee.

**** jy in heimwee ook dan aan my,
dit is al wat ek wil weet
of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
2.2k · Apr 2014
Vryheid in die krake
Dig silwer linte dans na die maan
in wolkpluime wat na die strerre toe maan
ek is weer hartseer
weer stukkend
gebreek
daarom nog 'n siggaret toestaan
an my mense bestaan

ek beaam my met die kwale
van 'n ongebonde wereld
wat pleit om liefde en genade
wat soene soek in suikersoet
wat drome droom so swart soos roet
wat binne die lyne bly
en so ook verlossing by hul neuse in lei

want meisies is net slette
as hulle saam die verkere perd saal
of die slippie laat val
na hul vir die aborsies betaal

en seuns is net moffies
as hul sukkel om 'n rugby bal te vang
vergeet van die agsteman wat gretig
na die flank se balle verlang

vloek en laster bring God se toorn
werk an jou eie vokken balk en los my doring
dalk is jou masker meer heel
as die van my...
maar met elke krakie...
is ek darem 'n krakie meer vry
- as jy
2.2k · Apr 2015
Ysterhart
Yster slyp yster
en staal omhels
in n magtige bymekaarkoms

Die twee spoed monsters
om mekaargevou,
maak liefde, om die trane en seer

Daar was geen flitse
in die donker nag nie
tyd het stil gestaan
maar die hartseer gaan aan.

Yster slyp yster
en dank die Vader
die ronde oe bevat nog kleur
en die gapende monde vloek my

Yster slyp yster
maar my seer is gespaar
vir n ander dag
en 'n ander pad.
2.1k · Apr 2014
Tyd om te babbel
Dis nou die tyd om te babbel
En my mond verby te praat
, want hulle sê mos
A drunk man's words is
A sober man's thoughts...
En wie weet dalk vind ek
Die antwoorde in ń diep gesprek met myself...

Sien ek is nie een van daardie
AA lappies wat skeinheilig
Sit en slukkies suip om
Geluk onder in die bottel
Op te spoor nie.
Ek rook skaamteloos en
Omhels die intense stank
Van 10 jaar se lewe wat ek
Mors en longkanker, want
Dit herrinner my an oupa se
Skoot en *** veilig ek was
In daardie asbak woonstel
Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir
Indringer kokkerotte wat ook
Maar net teen ons kompeteer het
Vir ń krummeltjie kos.

Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand -
En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie,
Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens
Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal.

Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek.

Kliek...
Kliek...
Kliek...
Kliek...
Bang!!

En nou babbel ek maar weer
...
Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie.

Wie is ek...
-*** sal ek weet

Bang!
Bang!
Bang!
...

Ek weet.
2.0k · Jun 2014
Noem my bottervingers.
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer
als wat goed is in die lewe;
saam met die suur melk uitgemoer
al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas
, ek hunker na n glasie brandewyn
om die herrinneringe mee weg te was.

Want Vader al val 'n duisend aan my sy
en tien duisend hier langs my
vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby.
Ek is moeg vir alleen wees
moeg vir bang wees
vir koue voete
koue hande en
'n hart wat altyd koud sal wees.

waars die liefde en genade
waarvan ons in ******
en die Bybel lees.

Waars my stukkie hemel.
Waars my engelkoor.
Is dit ook tussen my suur melk...
of het ek dit deur bottervingers verloor?
2.0k · Oct 2013
Dankbaar in die donker
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.

Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
                        'n Lee huis...
                                       'n stil pad...

en wat het ons van onself geleer?

En wat leer ons van die wereld en mense om ons
             , vasgevang in die stryd teen tyd...

niks nie.

Ons het net voor onself uitgekyk
                   na die vaal stene
                                   en die slukkerige sement.

Watter vreugde het dit vir ons gebring.

Niks nie.

Nee,
         ek weier.

Ons is tog hier geplaas met vrye wil.

En iewers langs die pad,
                                          raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.

Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
                                                                ­                                      die wat lag en vinger wys...
                                                                ­                                                      die wat klippe gooi,
                                                         as deur die wat die prentjie aanskou.

Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
                          om die lig rerig te verstaan...

Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
                           voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.

Daar le wysheid in die donker,
                                      want dit is in die donker waar jy aleen is,

                         met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.

                                                                ­                                                      Net die wind om jou siel te sus,
                                                                ­                                               die stilte om jou uit te rus...

                                                 en niemand wat jou god kan wees
                                       of sy woorde
                                                          ­      en planne
                                                                ­                   vir jou kan uitmessel nie.

Die pad het die gevaar geraak.

Dis koud en korrupt.
                                     En ons is dankbaar,
         dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
                                                                ­                                             en wegsmelt in die donker...

want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...

                                                               ­ ons is die gelukkiges...

en hulle loop op die pad na verdoemtenis
1.9k · Apr 2014
Legio self disintigrasie
Jou eierbeloftes word
In mooi woordjies
En trane spoortjies
Toegedraai
En ingelyf
In die raadsale
Van my helderheid
En my bekwaamdheid
Oor gesonde redenasie
Uit legio self disintigrasie

Ek bêre dit knus
In my eie kluis
Te midde my huis
Ń yspaleis

As ek dit bewaar
Teen die donker gevaar
Wat dreig uit elke
Oordeelsdag
Wat op al die ponde
en onse wag
Elke "ek het vasgeval in verkeer"
Elke "jou wanvertroue maak my seer"
Elke kode woord
Agter die slot op jou skerm
bly jou sondeval verstoord!!
Jou eierbelofte is ń kuikenmoord!!

Dan hardloop ek terug
En kyk na die dop
Wat my toe snou
As ek dit net stywer toevou
, minweted salmonella
En bylepes
Skuil in die amnion
En wurg die blou driehoek
Op ń voortrekkervlag
Eet ek daarvan sal die dood op my wag

Jou eierbeloftes
Jou akkideskak eer
Jou asyn rein liefde
Sal ek bly trotseer

Vergewe my tranedal
Want blykbaar is
Ek net verlief
Op my eie terugval
1.9k · Jul 2016
Sonvanger
Jy het die son gaan haal
Toe dit nag was.
Oor die horison gedraf
En hom terug gesmokkel in jou tas.

Jy het hom net hier , skuins
Bo ons koppe gehang.
Sodat ek jou altyd kon sien
En nooit moes verlang.

Maar die maan het my bygebly
Haar geduldig in my skadu toegevou
-N fluisterstem in my oor
"Kyk, hy mors met jou"

Jy het die son gaan vang
Toe dit nag was
En in sy lig
Sien ek toe , wie jy eintlik was.

Jy het die son vir my gaan haal
En gedink as jy loop
Ek in sy skerp lig sal verdwaal?

Maar toe jy gaan toe hunker die maan
Sy het my trane weg gevee
En ek het saam met haar gegaan.

Gister sien ek jy kom aangedraf
En jy sit die son in jou koffer.
Toe jy weer oor die horison verdwyn
Lag ek en die maan, oor jou nuutste slagoffer.
1.9k · Sep 2014
Simfonie (Vir Snoekie)
Die ou kniee knak en kraak
en maak geraas
, maar sal sukkel-sukkel teen die rand
hou om jou te dra.
**** *** ek kriekbeen,
in die laatnag na jou vra.

My ribbes is marimbas,
uitgehonger vir die hokmaak
van 'n antieke snaardrom hart.
Wat nou met mening elke been
se noot raak slaan en hammer
asof opnuut gevorm en gespeen.

En tog die kop raas soos
basyn geskal en bomval,
want binne woed die stryd
van goed teen kwaad.
Ek speel vir jou 'n simfonie:
Die lirieke dalk af, maar tog op maat.

Ag ek's sommer simpel,
dis die liefde wat so praat...
Ek sien meer sleg as goed in my raak, maar jy verf als nuut en ek word hergebore in die pragbeeld wat jy van my skep. Daar is interne struwelinge wat my laat twyfel, want *** kan iets wat so goed en eg is, dan deur die kosmos as verkeerd bestempel word. Tog met al my fisiese, emosionele en geestelike wroegings... is dit onvermydelik dat jy oor my hoogste mure geklim het en my saggies vertroetel, terwyl jy my herskep met oe wat ook eventueel sal leer om die mooi in myself raak te sien... dankie Snoekie! Lekker kuier vanaand. Liefe jou!
1.8k · Dec 2013
heartbeats in the distance
You are that book I love to read...
the one that is unreadable-
no matter how hard I try...
I cant get my head wrapped around you

you are unreadable...

and it's driving me crazy,
because I m sure I am falling for someone
who has no interest in ever catching me...

but I'm not stopping now
id rather fall and get hurt by you...
to take the chance...
than to maybe someday live with the what-if's

and we cant hold hands...
we cant embrace...
there is no physicality involved...
it's lost somewhere in the thousands of miles that separate our hearts
but that doesn't stop me from listening to the saved voice-notes
and saving your photo as my wallpaper

because every time I look into those mystifying
,yet somewhat mocking brown eyes...
my heart skips a few thousand beats
Those bushy black eyebrow's ...
that cute button nose!!
it all makes me hope that someday...
all the goodbye's we text,
will turn into the goodnight's we whisper in each others ears...

but for now I'm fine with smiling at the screen....
for now I'm  fine with crying when I play your voice-notes...
blushing when you flirt with me...
because...
for now...
I'm okay with listening to the harmony...
of two heartbeats in the distance
1.8k · May 2014
Nie 'n kas nie, 'n kluis
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval

Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?

Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!

Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.

Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;

Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.

My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.

Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...

Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.

Amen
1.8k · Jan 2014
Dots and dashes
...---...
...---.... ...---...
...---... ...---... ...---...

my frantic fingers tap the telegraph
tapping tentatively , taking time
to repeat the single word

...dot, dot, dot, dash, dash , dash, dot, dot, dot...
                                ---
tapping away like a cricket with arthritis
sending my signals and sounds into the night...
...dot, dot, dot, dash, dash, dash, dot , dot , dot...
                                ---
but the neighbourhood sleeps quietly
and no one cares for an arthritic cricket
singing its song into the endless radio silence...

because dots and dashes are nothing more than
humble beginnings in 96.09.21
and the life dashes by and flat-lines on
a marble stone
1996 - (pretty soon)

...---...
...---... ...---...
...---... ...---... ...---...

dot, dot, dash, dash, dash, dot, dot, dot
dot, dot, dot, Dash, Dash, Dash, DOT, DOT, DOT
dot, dot, Dot, DASH, DASH, DASH, DOT, DOT, DOT
DOT, DOT, DOT, DASH, DASH, DASH, DOT, DOT, DOT
DOT, DOT, DOT, DASH...-------------------------------------------------------

t­he drummers pack away their drums, the beat forever fades

the thunder stops to rumble, from now on only clear days

my finger stops its tapping, lies numb across the telegraph

and somewhere outside... and arthritic cricket...
turns silent from its wrath

and the dots and dashes ...
that's been beating all this time...
my hearts stops singing with them...
and ends with one flat line

WvWWvVvv-v-v-----------------------------------------------­----
This poem uses a lot of visual aids, onomatopoeia and metaphors... so enjoy
1.8k · Nov 2013
Florida to Linfen
It was with ice cold winds
that blew across their cheeks
that their bodies found the warmth in each other
to ignore the painful prickles
of goose bumps they felt
not knowing if it was because of the crispy air
or the touch of warmth
their hands imprinted on each other...

it was a night filled with hope, and stars and laughter
dark , yet filled with light...
on the trampoline in my backyard...
that was where it happened...

I was trying my way with the boy
that sat across from me...
they made it easy because they left us...
there on that trampoline they were lost somewhere deep in each others eyes
as I struggled to  maintain sane , alone, with that boy

I was growing jealous of their blossoming love
how fast did it grow to reach the height,
the height my heart has been struggling to achieve in years...
but I was happy... for them
they were happy...
they were...

then as if the cosmos played a little prank
on my little friends heart...
like the tower of babel...
their love reached the height where it crumbled,
and fell apart...
and those who built it was left
strangers,
nothing but mere foreigners...
one was headed to sunny Florida,
he was okay...
the other one... my friend,
was headed to Linfen
without a way of communicating his pain
his loss
his ... love

today we sit and converse about the hope that may still remain
the revenge we may still take on the ruthless foreigner from Florida
and the other boy on the trampoline...
hoping that maybe...
if they ever decide to build a love of their own...
it will be corrupted by the pain they have caused,
from their pasts.

and we hope
Linfen – a city with no sunlight

The inhabitants of the Chinese industrial city of Linfen lead a dreadful life. This city is so covered with dust that it is always dark. The sun can not get through the thick layer of dust which creates 50 million of carbon a year. However, like in the case of Port Moresby, people live there because there have no other place to find a proper job. But each one of them hopes that in one moment they will manage to jump out from the darkness and start a normal life somewhere else.
1.7k · Dec 2013
Regression of a refugee
I remember the darkness...
the complete emptiness in my black soul...
the disregard for my own life,
the dream of overcoming, and being victorious,
but dreaming that the only victory was in the defeat...
I remember this now,

I remember the tyranny of self
being bored into the threads of my existence...
where my own psych turned against me.
After years of comrade , it gave up
and turned into self-destruct mode...

but then I saw the light.
it had to be swallowed or injected...
but afterwards I remember feeling the warmth returning to my veins...

some people breathe through tubes....
some eat through straws...
I had to receive my happiness in the form of a pill.
had to feel its bitter sting being injected into my ***...

and now after several months of enjoying the light...
I made the shocking discovery, that
with the light...
comes shadows...

and they are calling me towards them.
growing darker.
growing larger.

and I... find myself slowly slipping into their gripping charm
like a refugee in regression...
returning to his country,
to empty promises...
...
to darkness ...
that ends more than just the day...
to sleep...
that stays for more than just the night
100 jaar herrinering
100 mense ween
100 trane val daar
100 druppels reen
van die hemel heen

Dankie vir die reen o God
die plase was so droog
die kommer word nou weggespoel
uit talle boer se oog



oor droewe grond
wat kraak en bars
streel helend hand
loop water vars

oor die mielies, koring
en oor goue hawermout
dans in die wind die jongeling
en skyn opnuut wee goud

die Here het geantwoord
oor wenige gebed
bewys van vooraf weereens
al genade wat hy het

maar wolke breuk, strome spoel
die grond word weer genees
maar spokend, kaal en lenig
sal die kerk weer Sondag wees

onthou jy jou gelofte
my Afrikaner kind
wat nou soos na dood siektes
voor die oe ontbind

**** my woord op nuut
oor die heuwels sal dit reis
tot my volk gaan terugkeer
sal opbrengs , soos geloof,
deur droogtes vergreis
1.7k · May 2014
kaalvoetkind
Sprei jou vlerke
My struikel-kind
, want die berge se rante
Steek skerp teen die wind

Vlug vir jou onskuld
Vlug na die son
Vlieg weg van Gamora
ontsnap van *****

Vlieg ver oor die wolke
My struikel-kind
Daars ń storm wat broei
, maar hou jouself blind

Want sere en blase
Word gou-gou weer heel
Maar geen pleister plak toe
Die letsel van ***
Honger hande neig
Om jou kinderlikke onskuld van jou af weg te steel...

Sprei oop jou vlerke
My struikel-kind
Want die berge se kranse
Hang laag in die wind
Kruip weg vir die hande
Wat jou wil verslind
En keer terug na jou kinderdae
Om jouself weer te vind...

Liefde...
Van ń kaalvoet-kind
1.6k · Oct 2013
Sensual
A senseless work of art
that is what I am
a being without heart
to you I'm not a man

I miss the smell of ecstasy
desire burns my soul
my tears will acid be
ending me in whole

I miss the taste of passion
saline on my tongue
now its only ashen
like a near-dead smoker's lung

I miss the sight of jubilance
a thing for sorrowed eyes
your beauty was the evidence
reason for my demise

I miss the sound of springtime
dancing on your voice
now I see a pantomime
in which joy is not a choice

I miss the softest caress
as our lips would lightly brush
now my minds a mess
my body on a rush

I miss your vibrant groaning
as I penetrate your mind
and the sound of your moaning
when we explore the find

I miss your pulsing heart rate
felt through your tightening skin
and how I debate
our affection is a sin

but then you said you loved me
and that you were here to stay
but ripped my heart in pieces
as I watched you walk away

so now I live a empty life
always missing you
wondering if, through your strife
You might be missing me too

A senseless work of art
that is what I am
a being without heart
to you I'm not a man
1.6k · Apr 2014
waar lê jou...
My bed verlang na ewewig
En kantel as ek lê, My arm kweek ń
onwrikbare
Verlange na ń glimlag wat
Daarteen druk en Selfs nou en dan
Speels byt.
Die ysere
Koue wat
Dwing om
In my oop
Arms te
Kom rus.

My kat spin hard op my bors,
Duidelik in haar skik met die
Wete dat sy,
vir nou
Op jou geresserveerde kussing
Kan lê
En met
Daardie
Wete
Verlekker
Sy haarself
In my
Ellende

Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my
Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly
En giggel
Want ek
Wag vir
Iets wat
Dalk nie
Kom nie

Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie
Van dromme
Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog
Meer leeg
As ooit
Tevore
En sou
My contact
List net
Soos my bed
Geraak het...

Die wind wat deur my hartskrake seifer,
Fluister jou naam
En flankeer met
My gevoelens....
Hiers ń spasie oop
Spesiaal vir jou...
Mnr _.

-ń tipofrafiese voorbeeld
Van digterlike vryheid
Verwar vir menslike
Eensaamheid...
1.6k · Dec 2014
Dinkgaper
Jy ry op die hanekraai
en kom le in my oor.
Jou tree 'n bekende geluid.

Jou teer drafstap deur my drome
maak my seerste monsters stil.
En sus my in 'n doodsluiterse rus.

Jou oe laat my handsaamslaan
op die lumier van meer as een.
Jou aansig maak van my gelowig.

Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek
en ek sit vasgekeer in jou rooi getui
en ek mik dieper , ek mik dood!

My liefste jou aanraak stuur gode
deur my dooie are en ruk my terug
vanaf die donker sluiers.

Jy is die maan, die sterre- nee
die nag! wat om my toevou
en my wieg wanneer my arms na niks gryp.

Jy is die openbaring waarna lewelose streef
en die anker waarna vryes verlang.
Bring my terug, na die gelykstreep,
voor die tyd ons invang.

Ek wil jou prys met woorde
wat God se toorn op my sal bring
maar dit hang aan my lippe
soos ek wag vir more se son om jou te besing.

Dit is my vroegoggend gedagtes,
van my lieflike laatslaper,
wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie
, want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
Ek wil gedigte en boeke oor jou skryf . Jou met odes eer en met heilige woorde jou beskryf in die lyne van 'n epiese gedig... maar *** meer ek dit wil doen, *** meer verslaan jou werklikheid my en vind ek 'n gebrek aan woorde om die presiese emosies te verduidelik wat jy my laat voel. Dit is tye soos dan ,wanneer dit voel of my verstand gereed is om jou te besig , maar my mond hang oop... wagtend op woorde wat nog nie bestaan nie... om te beskryf wat jy aan my doen.
1.5k · Jan 2015
Liewer vir die droom geraak
Knuppeldik gaan slaap die stad
na 'n feesmaal van smaak en kleur
vloei die reuke deur die strate
in 'n Brown se beweging van geur.

Alle trommels , trommeldik maar maak 'n lee geraas
en in die donker , agterstrate begin die ander nou te aas

Kom die honger hande uit die sakke
en krap met rook-geel vingernael
soek die skummel in die swartsak
vir 'n laaste dissipelsmaal.

Maar jy is skille , jy is doppe
jy is alles wat laat gril
nie genoeg vir koningstafels maar vir my
net genoeg om die  knaagdiere te stil.

Onerfare soos ek is , vat my hongerbrein ook mis
watter mens kan so dan lewe? watter mens kan so dan eet?
van die lykswa en die straatveers
het hierdie boemelaar vergeet.
Ek is mens en nie 'n vark nie,
(al moet 'n mens ook eet).

En stil vergaan die boemelaar
wat kieskeur ook wou wees,
nog 'n straatkind se ou lykie
nog 'n honger kinder gees...

ek wat was het mos gesien
*** kos op tafels lyk,
en het sodanig hart verloor
op kosse kleur en ruik.

Met 'n bord vol knubbels le die lykie
voor hom , onaangeraak.
Al was kos ook wat kos was daar
het hy te lief vir die droom geraak.

Eerder kwyn en dood verslaan
as om die droom te ruineer.
Eerder dood van honger,
as om hierdie kos , as sulks te eer.
1.4k · Jul 2014
Ode aan die oude
Ek het iewers langs die pad
My onskuld verloor
, maar ek **** dis op ń special
By die bottelstoor.
Dis nou jammer ek is platsak
Sonder geld, sonder naam
Onthou my soos ek was
In ma se fotoraam.

Wie sou my kon waarsku dat
Beloftes en my maagdlikheid
So maklik soos vetkruit breek.
Of dat al daai candy cigarettes
My kon leer om ñ Marlboro
Aan te steek.

Vroeg ryp vroeg vrot,
Op dominee se eer
Verloor al jou onskuld en
En probeer maar weer
Om iewers ń Heer te kry
Wat nog omgee vir my.
Terwyl jy sukkel om jou daily bread
Op die tafel te kry.

My pelle gaan dood , word ryk
Besoek die tjoekie
Word groot ,word fake
En kry STD's en kinders
En ander goed wat hul nie soek nie.

Nou loop ek ń pad van plooie
En grys hare en taxes
Waar Yolo jou nie verder bring
Van die kussies nie...

Face it.

Ons was almal jonk
, was al almal dronk
En ń wyse man weet...

Grootword is nie vir sussies nie.
1.4k · Nov 2013
Studying for maths
As I sit in front of the feared book
mocking me with it's elaborative examples
of reminders
reminding me of all that I can't do...

the x's and the y's programs my brain
forcing an instant recall of memories
about all my ex's and my why's

and as I fail exercise after exercise
I start doubting my rationality...
What is the probability that
I , am nothing more than a common denominator??

the truth is, that while trying to figure out the identities
of sin, cos and tan...
I realise that my own is not yet figured out...
I am still lost somewhere in the Cartesian plane...

I have no hope for passing my exam tomorrow...
my sleepless nights are haunted by the statistics
, and the improbabilities that make up life
as we know it...

but that's okay
because I am not analytical...
I am not mathematical...
I am just lost between the letters and the numbers
of a world I will never understand...
Gister se tragedie
En tranedal
Skuil agter vandag
se hartseer verhaal
Ja gister se monumentale prag
Lê aan vervalle en ondermyn Sy gesag

Vandag se kuns
Bewys geen guns
Aan die brandebde hande
Wat swoeg om hul wins

Gister se weenlied neurie dit sag
Ontlok vermaak uit die jeug van vandag
1.4k · May 2014
Dis net ek
Dit was daar
Ń knal in die nag
Skerper as die dop-klank
Van dinamiet in dolomiet
En gevaarliker as klapperskiet;
Die knal in die nag...

"Dit was daar op stemdag "
, sê ek.
Dit was... ekt gehoor!
Skiet ek my siel uit
Teen die leë gehoor

"Dankie my bokkie"
,Met x'e gekys
Help nie my hart nie
X'e is ook maar ń tipe kruis
Ñ tipe graf in afwag
Ń tipe nood, ń stille dood.

Dan tref die waarheid my hard
Soos ń gewyde plathand
Van ń skietman of ń doodsman
Dis jou land , dis díe land
Hoekom nou skielik bang?

Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor
Ek sweer op die graf
Van die gesneuwelde stem.
Maar nou kom noem-
Moet ek erken...

Ek vrees die geweerskoot
Meer as die galg
Wat stil is soos slange
Wat my wurg en my walg.
Ek is banger vir die knal
Wat die hele buurt vang
As die halfpad val
En heeltyd hang
Soos kleintyd speeltyd
Van rodswaai en my lyfie
Aan toue op hang.

Wats ñ geweerskoot nou
Teen die monsters van binne
Wat klou om te hou.

Raak rustig , haal asem
, toe nou bedaar.
Jy weet mos jou denke
Was maar nog altyd
Jou grootste gevaar.

- wanneer geweerskote in
kopskote verander...
Raak die wêreld donker
1.4k · Nov 2015
Donker nag....
Wanneer het ek die ses maande uitruil program en die arktiese nagskfof aanvaar?

My horlosie het gaan stilstaan in laat nag - donkernag.
My lot op die muur , 'n kraak in die wal...
die spervuur van eros wat rondom my val...
dis al ; dis al - dis al.
1.4k · Oct 2013
Not a rhyme
This is not a rhyme
this is not a poem
there is no hidden messages between ambiguous word
or conveyed through complex metaphors
this is the tears of my heart
bleeding
fuelling me
so that I can find the courage to speak
to speak the words of my soul
the words I've been dying to say
... no
to scream!!!
The words I've been dying to shout out
as a proclamation to the whole world...

I DON'T LOVE YOU
I DON'T because I don't know what love is
but I do know you make me wonder
you make me philosophize about it
about what it feels like
I DON'T know what love is...
but you make me feel
something that must be close to it
...
if not better

I think about you ALL the time...
there is not a moment that passes where I don't think of you...
not a single message from you at which I don't smile
not a single night where I hate the dawn of sleep, because it means goodbye
ALL OF MY FRICKEN POEMS ARE ABOUT YOU

last night when you were here...
in the three seconds that we kissed
in those mere blinks of an eye
when our lips softly brushed
... I was paralysed
... It was the first time in my life where my mind was COMPLETELY quiet
the first time I didn't instruct myself through a kiss
and just let go...

now your scent is stuck to me...
I smell it all the time
the smell is intoxicating
and I think of you with every breath I take
unwillingly falling further and further into your arms...

and so I call you...
just to hear your voice...
just to hear you laugh at what I say...
because hearing your voice makes my day...
the sound of your laughter...
it's a toe curling
goosebump-giving
heart-wrenching
pulse-rising
start-smiling
start-crying
but never nail baiting...
because I know you hate that
... sort of sound.

and I envy the guy who is lucky enough to have you
I envy him with all my heart.
I have a bitterness towards him compared by only few...
and a sadness towards you compared to no other greatness...

why can't you see
that his love for you is not...
nor will it ever be...
the same as my NOT-LOVE for you

can't you see he doesn't give you the romance and the happiness you deserve
the laughter and the acceptance and the complete free will...

can't you see that I adore you
... so much so that I have turned into this monster who envies...
one who feels bitter towards someone he has never met!!!

I am lost without you...
I want you...
I need you...
I want to need you...
I Better-than-love you
I xoxo you and mwa you
forever and continuous
(not-)love (- but better)
me...
1.4k · Jan 2014
The first sonnet
The yellow sun glares down upon
my lonely figure, contradicting
the care-free blue sky it rests forlorn
my free spirit is baring ,
painfully shoved behind bars.
Placed central in the mess
tracing my old scars
words like blades and nothing less

and bee stings pierce through
tightened skin, and poisons half
a human soul, half is old and half is new
a monster within will laugh

half will love and half despise
and contradiction, be the cause to my demise
1.3k · Oct 2014
Blompen ; dompen
Blompen ; dompen

My pen lè los in my hand ,
Bibberend soos 'n straatkind in die kou;
Net so blinkoog - net so hol,
Vol drome wat in die agterkop brou

Maar die ink loop hortend oor die blou
Treinspore, mompelend soos 'n man
Wat die vreemde dialek van opgee praat
En sy laaste vloek op die hemel inspan

*** sku sluip die musa in die skemerson
Waar net echoes van haar in die droewige letters lê
En die gebeendere van hol woorde waai met die wind
Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê?

My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur
En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret
, want die ander het vere en woorde wat vlieg...
*** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het?

My môre lyk puntloos en onvoltooid.
My gemoed knak en splinter oor die papier.
Die ink loop meer kunstig onder fisika
As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
1.3k · Jun 2014
Want YOLO
Albatros , albatros
verstik aan my tong
, begrawe geheime
agter die bitterbessie bos,
Waar my geliefde swaai
aan stilswy se galg.
Weenlied van die Albatros.

Ek wortel my moed
in rooigrond en klei
, maar berre my binnegoed
in n blinde man's boek.
Wees vry , wees vry
jou sondes bely
, maar stommemans kreet
oor die liefdesoek.

Albatros , albatros
skree in die waak.
Verslenter jou naam
in die buurt se stil slaap.
En die wraak van die
doodstong sal
jou nietig verlaat.
Deel jou bitter bessies , want
dit was gister reeds te laat.
1.3k · May 2014
Rugslag in die sproeireen
Die arendgod was reeds verswelg
Agter sleepvoet trapsietjies
Wat met motreen sy voetspoor laat

Menigte kleure het deurmekaar gedreun
Om hul water afhantlikes met 'n bulderende
Brander van stemme te dra

En die skerts wat dans oor hulle skouers
Dan af traan om met hulle verwante menigte te vereenselwig

Die gedreun van stemme bereik 'n stilte vol antisipasie
Die bekoordes vind hul ligging ...
Op hul merke...
Gebore vir die oomblik...
Kneukels raak wit van koue en klou...
Iewers flits 'n meganiese weerligstraal...
En ons swem rugslag in die sproeireen
Next page