Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jenny Pearl Jan 2014
Alleen staan ek in die gang
Onsigbaar vir die om my
My woorde het geen krag
Soos ‘n warrelwind is dit gou verby.

Maar die bome ritsel nie eers nie,
Die wind verroer nie ‘n blaar.
Die warrelwind keer terug na my
Om saam met die ander op te gaar.

Hierdie woorde-winde binne my,
Worstel in my siel,
Dit deurdrenk enige gevoel van samesyn,
Soos ‘n slak onder ‘n trok se wiel..

Splat,
Squish
Eeeuw, gross!

Lê my lewe op die steen

Sies, Ga
Ag nee a man

Spoel dit weg saam met die reën.

Wie sal die woorde wil hê?
Wie sal die warrelwind kan verstaan?
My soektog is nog lank nie verby nie,
Maar vir nou berus ek myself op papier
en by die Maan.
29 Augustus 2007
C Feb 2023
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom;
onverwags en alles omver gegooi,
maar op 'n goeie manier.
ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag,
my hare deurmekaar los,
en
pizza eet sonder om te huiwer.

daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my.
ek is só bang dié goeie tyding draai
en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het.
so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad.
wat rooibruin merke aan my vingers laat
wanneer die noodlot jou probeer steel.
sommer ogiesdraad,
dat dit nie regtig is nie.
maar dat my hart kan rustig raak.

vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen
en ek sal weet - jy is hier om te bly.

— The End —