Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval

Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?

Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!

Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.

Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;

Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.

My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.

Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...

Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.

Amen
C Feb 2023
as kind is jy bang
vir monsters onder die bed
met yslike kloue
en vlymskerp tande
soos jy ouer word
word die monsters
dít waaroor niemand praat nie -
die goed wat jou wakker hou
en slapelose nagte gee
my monsters het jare lank
my aande regeer
tot jy onverwags in my lewe ingestap het
en jou pantoffels sonder moeite
op hulle plek ingeskop het -
onder my bed

— The End —